Leesplan inligting

Leef Jou Roeping Uit: Wat Op Aarde Doen Ek Hier?Voorbeeld

Live Your Calling: What On Earth Am I Here For

DAG 8 VAN 23

God Het Jou Geskep en Jy Behoort aan Hom


Baie Christene tree soos ateïste op wanneer dit by beplanning kom. Hulle besef dat Jesus hulle verlos het, maar hulle vertrou Hom nie regtig nie. Hulle dink hulle kan hul lewens beplan soos hulle wil. Die werklikheid is egter dat God ons elkeen geskep het en met 'n unieke doel. Hy het 'n spesifieke bestemming vir elke mens.


God het byvoorbeeld 'n plan vir Maria se lewe gehad. Hy het haar gekies en geskep om die moeder van die Seun van God te word. Wat was Maria se reaksie daarop? Sy het nie gesê: "Ag, ek het my eie lewensplanne. Ek is te besig en moet doen wat vir my die beste is." Nee, sy het besef dat God 'n doel vir haar lewe het en sy was gewillig om te doen wat Hy ook al wou hê.


Sy het met 'n loflied gereageer: "My siel loof die Here, my gees jubel oor God my Verlosser" (Lukas 1:46b-47 AFR20). Maria het erkenning gegee dat God haar Heer en Verlosser is en sy was gretig om sy wil te doen. Sy het Hom met haar lewe vertrou, al het sy geweet niemand sal haar glo as sy hulle vertel wat die engel gesê het nie.


Glo jy dat God jou vir 'n spesifieke doel geskep het? Die Bybel sê: "Erken dat die Here God is: Hy het ons gemaak en ons is Syne, ons is sy volk, sy eie kudde" (Psalm 100:3).


God het jou geskape. Hy het jou geskep en ontwerp en jy behoort aan Hom. God se bestemming vir jou lewe is baie beter as waarmee jy self ooit vorendag kan kom. As jy dus iemand met jou lewe gaan vertrou, is daar tog niemand beter as jou Skepper, die Een wat jou met 'n doel geskep het nie?


Luister na vandag se klankonderrig deur Pastoor Rick >>


 


Luister na gebed
Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Live Your Calling: What On Earth Am I Here For

Sluit by Pastoor Rick se boodskapreeks aan oor God se roeping vir jou lewe terwyl jy leer hoe om onderskeid te tref tussen daardie roeping en om dit as 'n seën vir die kerk, ander mense en jou eie lewe aan te wend.

Baie dankie aan "Rick Warren/Daily Hope" wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://pastorrick.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid