Leesplan inligting

Leef Jou Roeping Uit: Wat Op Aarde Doen Ek Hier?Voorbeeld

Live Your Calling: What On Earth Am I Here For

DAG 12 VAN 23

Jou Lewe is Van Ewige Belang


Jy gaan jou lewe aan iets wy. Wat sal dit wees — 'n loopbaan, 'n sport, 'n stokperdjie, roem, rykdom? Nie een van hierdie dinge het ewigheidswaarde nie.


Om te dien is die weg na ware betekenisvolheid. Dit is deur 'n bediening wat ons die betekenis van ons lewens ontdek. Die Bybel sê: "Net soos die verskillende liggaamsdele elkeen sy eie funksie het, het ons as gelowiges ook verskillende funksies" (Romeine 12:5 DB).


Namate ons saam in God se familie dien, neem ons lewens ook groter ewigheidswaarde aan. Paulus sê in 1 Korintiërs 12:14 DB: "Soos ek reeds gesê het, het ’n liggaam nie net een liggaamsdeel nie, maar baie" dus "God het elkeen van die dele van die liggaam ’n spesiale plek in die liggaam gegee, net soos Hy dit beplan het" (vers 18), wat ons gesamentlike betekenisvolheid verhoog.


God wil jou gebruik om 'n verskil in die wêreld te maak. Hy wil deur jou werk. Wat werklik saak maak is nie die duurte van jou lewe nie, maar die bydrae van jou lewe. Dus, nie hoe lank jy lewe nie, maar hóé jy gelewe het.


Wat is jou verskoning as jy tans nie in enige diens of bediening betrokke is nie?


• Abraham was oud.
• Jakob was onseker.
• Lea was onaantreklik.
• Josef is misbruik.
• Moses het gehakkel.
• Gideon was arm.
• Simson was medeafhanklik.
• Ragab was sedeloos.
• Dawid het 'n buite-egtelike verhouding en allerhande gesinsprobleme gehad.
• Elia het selfdoodneigings gehad.
• Jeremia was depressief.
• Jona was onwillig.
• Naomi was 'n weduwee.
• Johannes die Doper was eksentriek om dit saggies te stel.
• Petrus was impulsief en 'n heethoof.
• Marta was dikwels bekommerd.
• Die Samaritaanse vrou is deur verskeie mislukte huwelike.
• Saggeus was ongewild.
• Tomas was 'n twyfelaar.
• Paulus se gesondheid was swak.
• Timoteus was skaam.


Dit is nogal 'n groot verskeidenheid wanaangepastes! Tog het God elkeen in sy diens gebruik. Hy is ook gereed om vir jou te gebruik! Kom ons hou op om verskonings te maak.


Luister na vandag se klankonderrig deur Pastoor Rick >>


 


Luister na gebed
Dag 11Dag 13

Aangaande hierdie leesplan

Live Your Calling: What On Earth Am I Here For

Sluit by Pastoor Rick se boodskapreeks aan oor God se roeping vir jou lewe terwyl jy leer hoe om onderskeid te tref tussen daardie roeping en om dit as 'n seën vir die kerk, ander mense en jou eie lewe aan te wend.

Baie dankie aan "Rick Warren/Daily Hope" wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://pastorrick.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid