Leesplan inligting

Leef Jou Roeping Uit: Wat Op Aarde Doen Ek Hier?Voorbeeld

Live Your Calling: What On Earth Am I Here For

DAG 11 VAN 23

Leidrade Waar Jy Moet Begin Dien


Die Bybel gebruik die term "hart" om sommer al jou begeertes, hoop, belangstellings, ambisies, drome en vriendskappe te beskryf. Die bron van alles wat jou motiveer word deur die hart verteenwoordig — wat jy graag doen en waarvoor jy die meeste omgee. Ons gebruik die woord selfs vandag nog so wanneer ons wil sê: "Ek het jou met my hele hart lief."


In Spreuke 27:19 (AFR20) staan: "Soos water 'n gesig weerspieël, so weerspieël die hart van 'n mens hom." Jy is nie wat ander mense dink jy is nie, of wat jou omstandighede jou dwing om te wees nie. Jou hart is wie jy regtig is. Dit bepaal waarom jy sekere dinge sê en waarom jy op 'n sekere manier optree.


Ons liggame het almal 'n unieke hartklop. Net so het ons almal unieke vinger-, retina- en stemafdrukke en ons harte klop in effens verskillende patrone. Dit is verstommend dat niemand uit die miljarde mense wat al geleef het, al ooit presies dieselfde hartklop as jy gehad het nie.


Net so het God aan elkeen 'n unieke emosionele hartklop gegee wat jaag wanneer ons aan die onderwerpe, aktiwiteite of omstandighede dink wat ons interesseer. Ons gee instinktief om vir sekere dinge, maar nie vir ander nie. Dit is alles leidrade wat jou kan wys waar jy moet dien.


'n Ander woord vir hart is passie. Daar is sekere onderwerpe waaroor jy geweldig passievol is en ander waaroor jy nie juis baie omgee nie. Sommige ervaringe maak jou opgewonde en trek jou aandag, terwyl ander jou nie aanstaan nie of jou baie verveel. Hierdie dinge onthul die aard van jou hart. Luister dus na innerlike aansporings wat jou kan lei na die bediening waar God jou wil hê.


Het jy toe jy grootgeword het, dalk ontdek dat jy vreeslik baie in sekere onderwerpe belangstel waaroor niemand anders in jou gesin omgegee het nie?


Waar het daardie belangstellings vandaan gekom? Hulle het van God afgekom!


God het 'n doel met hierdie aangebore belangstellings gehad. Jou emosionele hartklop is 'n sleutel tot jou begrip watter vorm jou bediening moet aanneem. Moenie jou belangstellings ignoreer nie; dink na hoe dit tot verheerliking van God gebruik kan word. Daar is 'n rede hoekom jy baie van daardie dinge hou.


Luister na vandag se klankonderrig deur Pastoor Rick >>


 


Luister na gebed
Dag 10Dag 12

Aangaande hierdie leesplan

Live Your Calling: What On Earth Am I Here For

Sluit by Pastoor Rick se boodskapreeks aan oor God se roeping vir jou lewe terwyl jy leer hoe om onderskeid te tref tussen daardie roeping en om dit as 'n seën vir die kerk, ander mense en jou eie lewe aan te wend.

Baie dankie aan "Rick Warren/Daily Hope" wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://pastorrick.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid