Leesplan inligting

Leef Jou Roeping Uit: Wat Op Aarde Doen Ek Hier?Voorbeeld

Live Your Calling: What On Earth Am I Here For

DAG 6 VAN 23

Die Regte Ingesteldheid vir Stiltetyd


Jy mag dalk verstaan dat 'n daaglikse stiltetyd vir geestelike groei noodsaaklik is, en selfs gemotiveerd wees om dit te doen — maar hoe gaan jy te werk om dit te doen?


Jy moet met die regte ingesteldhede begin. In die oë van God is dit baie belangriker waarom jy iets doen, as wat jy doen.


By 'n geleentheid het God vir Samuel gesê: "Die Here kyk nie na dieselfde dinge as die mens nie. Die mens kyk na die uiterlike, maar die Here na die innerlike" (1 Samuel 16:17b). Dit is dus baie moontlik om die regte ding te doen, maar met die verkeerde ingesteldheid.


Wanneer jy in jou stiltetyd na God toe kom, moet jy Hom met hierdie ingesteldhede nader:


• Verwagting: Kom in afwagting en gretigheid. Verwag om 'n bevredigende tyd van gemeenskap met Hom te hê en seën uit jul tyd saam te put. Dit is wat Dawid verwag het: "Ek soek U, o God, my God, ek dors na U; ek smag na U ..." (Psalm 63:2a AFR83).


• Eerbied: Moenie God se teenwoordigheid binnestorm nie, maar berei jou hart voor deur eers stil te raak en laat die stilte toe om jou gedagtes oor die wêreld te verwyder. Luister wat die profeet Habakuk sê: "Die Here is in sy heilige tempel: almal op aarde moet in sy teenwoordigheid stil wees" (Habakuk 2:20, sien ook Psalm 89:7). Om in die teenwoordigheid van God te kom, is nie dieselfde as om na 'n rugbywedstryd of enige ander vorm van vermaak te gaan nie.


• Waaksaamheid: Maak seker jy is wawyd wakker. Onthou jy ontmoet die Skepper, die Een wat die hemel en aarde geskape het, die Verlosser van die mens. Wees ten volle uitgerus en waaksaam. Die beste voorbereiding vir jou oggend se stiltetyd is die vorige aand. Gaan vroeg genoeg bed toe sodat jy uitgerus is om God in die oggend te ontmoet; Hy is jou volle aandag waardig.


• Gewillig om gehoorsaam te wees: Jy nader God nie in jou stiltetyd met die keuse wat jy wil of nie wil doen nie, maar met die doel om enigiets en alles te doen wat God van jou vra. Jesus het gesê: "As iemand gewillig is om die wil van God te doen, sal hy weet of hierdie leer van God af kom, en of Ek uit my eie praat" (Johannes 7:17). Nader dus tot God met die vooraf keuse om sy wil te doen, wat dit ook al mag wees.


Luister na vandag se klankonderrig deur Pastoor Rick >>


 


Luister na gebed
Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Live Your Calling: What On Earth Am I Here For

Sluit by Pastoor Rick se boodskapreeks aan oor God se roeping vir jou lewe terwyl jy leer hoe om onderskeid te tref tussen daardie roeping en om dit as 'n seën vir die kerk, ander mense en jou eie lewe aan te wend.

Baie dankie aan "Rick Warren/Daily Hope" wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://pastorrick.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid