Leesplan inligting

Leef Jou Roeping Uit: Wat Op Aarde Doen Ek Hier?Voorbeeld

Live Your Calling: What On Earth Am I Here For

DAG 14 VAN 23

Die Ewigheid Behoort Jou Doelwitte Te Vorm


God se doelwitte vir jou lewe is nie slegs vir die huidige bedoel nie; hulle strek tot in alle ewigheid. As jy dink hierdie lewe is al wat daar is, dan sal jy waarskynlik jou doelwitte daarvolgens stel.


Andersins, as jy besef dat jy eendag voor God sal staan — en Hy vir jou vra: "Wat het jy gedoen terwyl jy op aarde was? Het jy die dinge geleer wat ek vir jou gegee het om te leer? Het jy in my Seun geglo?" — dan sal jy jou doelwitte daarvolgens vorm.


Help jou doelwitte jou om God te ken, nader aan Hom te groei, Hom te dien, Hom lief te hê en ander van God te vertel?


Wat ek jou eintlik vra, is hoe jy byvoorbeeld bid? Wanneer jy bid, is dit om God te oortuig om jou te help om jou eie doel te bereik of bid jy om jouself in ooreenstemming met God se doel te bring? As jy bid: "Vader, ek wil net doen waarvoor U my op hierdie aarde geplaas het," dan waarborg ek jou dat God elke ding waaraan jy raak sal seën, want Hy soek mense wat Hy kan gebruik om sy doelwitte te vervul.


Goddelike doelstellings het die ewigheid in gedagte. Ons sien 'n voorbeeld hiervan by Paulus wanneer hy sê: "Ek hardloop dan ook soos een wat nie van sy doel onseker is nie" (1 Korintiërs 9:26a). Paulus was 'n doelgedrewe hardloper! Hy het geweier om sy aandag te laat aflei.


Die Bybel vergelyk dikwels die lewe met 'n wedloop, daarom wil ek hê jy moet so daaraan dink: In 'n wedloop word die eindstreep vooraf bepaal en jy vorder een tree op 'n slag.


Dieselfde geld vir doelwitte. Jy vorder een tree op 'n slag daarmee, maar met elke tree werk jy doelgerig.


Luister na vandag se klankonderrig deur Pastoor Rick >>


 


Luister na gebed
Dag 13Dag 15

Aangaande hierdie leesplan

Live Your Calling: What On Earth Am I Here For

Sluit by Pastoor Rick se boodskapreeks aan oor God se roeping vir jou lewe terwyl jy leer hoe om onderskeid te tref tussen daardie roeping en om dit as 'n seën vir die kerk, ander mense en jou eie lewe aan te wend.

Baie dankie aan "Rick Warren/Daily Hope" wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://pastorrick.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid