Leesplan inligting

Josua/Rigters/Rut: Kies Oorwinning Oorkom NederlaeVoorbeeld

Josua/Rigters/Rut: Kies Oorwinning Oorkom Nederlae

DAG 7 VAN 7

Lees: Rigters 6:11-32; 7:1-18; 8:22-32. 


Vrae vir Bespreking of Persoonlike Studie



  • Noem die hoofmomente in Gídeon se lewe, soos dit in Rigters 6-8 beskryf word. 

  • Hoe vergelyk die einde van Gídeon se lewe met dít wat jy aanvanklik uit Rigters 6 oor hom geleer het? 

  • Hoe het God met Gídeon gehandel? Hersien die hoofgebeure in Gídeon se lewe. Wat leer jy omtrent God, te oordeel na sy handelinge met Gídeon? 

  • Wat leer jy uit die gebeure in Gídeon se lewe, sy reaksies teenoor God en God se bevele aan hom? 

  • Is enige van hierdie insigte vandag van toepassing op jou lewe — of waar jy met betrekking tot die toekoms staan?

  • Wat leer jy uit Gídeon se aksies en God se reaksie wat jy op jou wandel met die Here kan toepas?


Gedagtes vir die Week


Op grond waarvan kan jy ’n dapper held in God se oë wees? Is dit omdat jy alles reg doen? Omdat jy geen vyand vrees nie? Omdat jy sonder huiwering voortgaan, in volle vertroue op die Here en sy vermoë?


Die Engel van die HERE het Gídeon ’n “dapper held” genoem (Rigters 6:12), toe hy nog ’n jong man was, voordat hy homself kon bewys. Het God Gídeon ’n dapper held genoem omdat Hy geweet het dat Gídeon met Hom sou wandel, een treetjie op ’n slag, selfs al was dit in vrees en bewing? Was dit omdat Hy geweet het dat Gídeon, ten spyte van sy vrees, sou besef “die HERE is vrede” (Jehova-Shalom)? Omdat Hy geweet het dat Gídeon gewillig sou wees om sy vader se heidense altare af te breek, al was hy te bang om dit helder oordag te doen?


Kan jy ’n dapper held wees en dit steeds nodig vind om deur “vliese” bevestiging te ontvang dat jy die bevele, afkomstig van die hoofkwartier, reg gehoor het? Kan jy ’n dapper held wees, selfs al moet jy meer as een keer verseker word dat God sal doen wat Hy beloof het om te doen — en moet jy vir oulaas die kamp binnesluip om seker te maak dat jy presies weet wat aangaan?


Ja! Jy kan in God se oë ’n dapper held wees as jy eenvoudig net aanhou om in geloof te wandel, ongeag hoe onseker daardie geloof soms is!


Gaan voort, dapper held . . . Jy leer jou God ken deurdat jy sy woord leer ken. Die volk wat hulle God ken, sal vashou en optree (Daniël 11:32b).


Onthou, Gídeon het deur geloof gewen; die Midianiete het uit vrees verloor.


Indien jy verder wil studeer en die waarhede uit die boek van Rigters wil ontdek, gaan na ons webtuiste en bestel die volledige studie: Josua/Rigters/Rut: Kies Oorwinning Oorkom Nederlae.


https://shop.precept.org.za/product/kies-oorwinning-oorkom-nederlae/

Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Josua/Rigters/Rut: Kies Oorwinning Oorkom Nederlae

Ons bevind onsself lewenslank te midde van 'n stryd. Dit was ook so vir God se volk ten tye van die Ou Testament. Josua moes teen ‘n oormag veg om die stad Jerigo te oorwin. Israel is voortdurend onderdruk in die Rigters...

More

Ons wil graag Precept Ministries SA bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://precept.org.za

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid