Leesplan inligting

Vyf Eienskappe om 'n Goddelike Karakter te Bou: Vyf-dag DevolusieVoorbeeld

5 Traits to Build Godly Character: 5-day Devo

DAG 3 VAN 5

  



God Soek Nederige Mense



Die spieël vertel nooit leuens nie, en wat jy voel as jy daarin kyk, sal jou baie vertel van die persoon wat na jou terug staar. As die spieëlbeeld 'n persoon met 'n goeie karakter is, dan sal jy nederig wees oor wat jy sien. Hoogmoed kom voor 'n val, maar niks sal jou meer verhef as nederigheid nie.



Die beroemdste vrou in die Bybel se nederigheid word in 'n sprankelende keurspel van kleure weergegee. Feitlik die hele wêreld ken Maria op haar voornaam. Die Skrif self sê dat sy die mees geseënde en begenadigde deur God, van al die vroue in die Bybel en werklik ook in die geskiedenis is. Selfs vandag is sy 'n vrou wat byna universeel deur miljarde mense regoor die wêreld bewonder word. 



Die eerste keer wat ons Maria ontmoet, praat 'n engel van God met haar, 'n jong meisie wat in streek van uiterste armoede woon en aan 'n nederige timmerman verloof is. As jy by hierdie meisie sou verbyloop, sou jy nie 'n tweede keer na haar gekyk het nie. 



Hier was 'n doodgewone meisie, wat in 'n doodgewone dorpie, in die middel van nêrens gewoon het. Tog kom sy van aangesig tot aangesig met 'n engel. 



Waarom het die Seun van God in hierdie wêreld gekom deur 'n swanger, ongetroude tienermeisie, in 'n kultuur wat maagdelikheid geëer en swangerskap buite die huwelik as 'n skande beskou het? Waarom is Jesus nie in die gemaklike omgewing van 'n koninklike paleis gebore nie, maar in 'n krip in 'n stal? 



Omdat God aan nederigheid waarde heg. God verag die hoogmoedige, maar Hy het behae in die nederige. Jesaja 66:2 sê: “Ek het alles gemaak en so het alles ontstaan, sê die Here ek slaan ag op die mens in nood, op dié een wat berou het oor sy sonde, wat ontsag het vir my woord.” 



Maria sou haarself nooit as moeder van die Seun van God gekies het nie, en sy kan nie glo dat God dit gedoen het nie. Hier sien ons 'n weergawe van haar nederigheid. Nederigheid is nie net om jouself nie hoër as ander te ag nie, dit is om glad nie aan jouself te dink nie. 



Maria het wel die moeder van die Messias geword. Tog was Maria nooit hoogmoedig omdat sy die moeder van die Allerhoogste was nie, sy het dit net in haar hart bewaar.



Mense wat God se aandag trek, is nie die hoogmoedige nie, maar is die nederige. Hulle is nie die mense van hoë status nie, maar diegene wat nederig is. Dit is nie die mense wat druk om voor in die ry te kom nie, maar diegene wat gewillig is om agter te staan. God soek nederige mense.


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

5 Traits to Build Godly Character: 5-day Devo

In 'n wêreld van sosiale media, stroomdienste en televisie is ons dikwels meer bekommerd oor ons uiterlike beeld as ons innerlike samestelling. Jy kan van buite goed lyk sonder om innerlik goed te wees. As jy daarna hunk...

More

Ons wil Harvest House Uitgewers vir die verskaffing van hierdie leesplan bedank. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.harvesthousepublishers.com/books/character-still-counts-9780736969444

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid