Leesplan inligting

Lukas: Geroep Om Jesus Te VolgVoorbeeld

Lukas: Geroep Om Jesus Te Volg

DAG 2 VAN 7

Soos jy gister gesien het, bied Lukas sy evangelie in kronologiese volgorde aan. Dit is die enigste evangelie wat ten volle hieraan getrou is. Omdat dit ’n kronologiese uiteensetting van die gebeure in Jesus se lewe is — vanaf sy geboorte tot by sy dood — is dit vir ons waardevol. Ons kan Lukas daarom as maatstaf gebruik om vas te stel wanneer die gebeurtenisse in die ander evangelies plaasgevind het. 


Lees vandag weer deur Lukas 1.


a) Let op na die verskillende gebeure wat in die hoofstuk plaasvind. Maak in ’n nota in die teks of in jou notaboek ‘n opsomming van die gebeure van Lukas 1. 


b) Let op na verwysings na tyd, soos in vers 5: “in die dae van Herodes, koning van Judéa.”


c) Let ook op na verwysings na alle geografiese verwysings. 


Toepassing: Die storie van Jesus is ‘n historiese gebeurtenis met regtige plekke, regtige mense, en regtige gebeure. Vra vir die Here om daardie waarheid in jou hart lewendig te maak. 

Skrif

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Lukas: Geroep Om Jesus Te Volg

Jesus het dit duidelik gestel: As jy sy dissipel wil wees, moet jy jouself verloën, jou kruis opneem en Hom volg. As jy Jesus wil volg, moet jy weet wie dit is wat jy volg, wat sy aard is, wat Hy geglo het en hoe Hy in h...

More

Ons wil graag Precept Ministries SA bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://precept.org.za

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid