Alles Oor Die Hemel — DroefheidVoorbeeld

Die beeldhouwerk getiteld "Weemoedigheid", deur Albert György, kan langs die meer van Genève in Switserland, gevind word. Dit beeld droefheid uit.
Mense het gevra, en sommige het die vraag te kenne gegee: "Is jy al daaroor?" Dis nogal skokkend wanneer jy aan die ontvangkant is. Ek het 'n skoondogter in ons kerk gehad, pas in rou gedompel, wat vertel dat gemeentelede na 'n week, ja, net een week, laat deurskemer het sy sou "gou daaroor kom". Christene voel dikwels skuldig, of ander is geneig om hulle te laat skuldig voel, oor 'n lang routydperk. Soms probeer ander gemeentelede wat dit goed bedoel, om amper 'n onwerklike geestelikheid af te dwing omdat hulle voel jy behoort nou reg te kom. Hoekom? Blykbaar is dit omdat die troos van die Gees genoeg behoort te wees om die trane af te droog. Die feit is egter dat trane eers in die hemel afgedroog sal word.
Ek veroordeel ook nie. Male sonder tal het dit gevoel ek het 'n betonklip in my maag wanneer ek 'n bedroefde persoon of familie nader wat na God uitroep: "Sê asseblief iets." Dit is baie moeilik en dikwels weet ons nie wat om te sê nie. Een van die oomblikke wat vir my en Gill gehelp het, was toe ons vriend, Rob Parsons, ons kom besoek het. Hy het vir meer as 'n uur en 'n half geluister, geen raad gegee nie en net 'n kort verhaaltjie vertel. Hy het egter saam met ons gehuil en sê toe die mees betekenisvolle ding wat enigeen kon sê: "Ek het geen slim woorde en selfs my gebed op pad hierheen was nie juis slim nie. Al wat ek kon bid was: 'Here, laat ek hulle tog nie skade aandoen nie.'"
Soms kan woorde help, meestal is hulle egter neutraal en soms rig hulle skade aan (soos "Is jy al daaroor?"). Wat ons wel kan doen, is deur daar te wees en te huil saam met die wat huil. Ons teenwoordigheid en trane kan meer sê as wat woorde ooit kan oordra.
"Woorde op die regte tyd gesê, is soos goue appels in ’n silwer houer" (Spreuke 25:11).
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Die dood het op ons almal 'n invloed, maar hoe hanteer ons die verlies van 'n geliefde? Hierdie leesplan verskaf hoop en vertroosting te midde van droefheid.
More
Verwante Leesplanne

Sittend in Hartseer: 'n Oordenking Reis om Weer te Staan

Oorleef Droefheid: Oordenkings vir Ouers in Rou

Om met Hoop te Rou

Liefde en Verlies

BibleProject | Verlossing in die Bybelverhaal

Lewe ek in die Lig van God se Waarheid

Die sin van die lewe

Een lewe: 'n Studie van integriteit in Hebreërs

Die krag van ’n biddende vrou
