Leesplan inligting

SaligsprekingeVoorbeeld

Saligsprekinge

DAG 1 VAN 43

Inleiding:


Welkom by ons 6-week lange studie oor die saligsprekinge


Die woord “saligheid” beteken 'n toestand van volkome geluk of seën. Die “saligsprekinge” wat in Matteus 5 voorkom, is 'n versameling verklarings van Jesus wat wys hoe ons 'geseënd' of 'gelukkig' kan wees in hierdie lewe en die hiernamaals. Jesus het hierdie wysheid gedeel tydens sy Bergrede. Ons oë gly maklik oor bekende Skrifgedeeltes, maar dis ons hoop dat hierdie studie jou 'n nuwe belangstelling en waardering vir hierdie waarhede sal gee.


Die saligsprekinge is nie woorde van advies nie. Dis lewenswoorde wat bedoel is vir alle gelowiges, te alle tye en op alle plekke. Thomas Watson het die saligsprekinge “die heilige teenstrydighede in ons Heiland se preek” genoem. Met die eerste oogopslag is dit moeilik om te sien hoe hierdie teenstrydighede saamwerk. Hoe maak armoede jou ryk? Hoe verbind mens rou met vreugde? Hoe lei die ellende en die pyn van vervolging tot vreugde?


Een van Jesus se vele waardevolle lesse in die saligsprekinge is dat die Koninkryk van God nie op dieselfde manier te werk gaan as die wêreld nie. Die wêreld verkondig, "Salig is die magtiges en die luidrugtiges," maar Jesus sê: "Salig is die sagmoediges en die nederiges."


Mense soek oor die hele wêreld heen na seëninge en vreugde, maar besef nie dat alles hier verganklik is nie. 'Wêreldse vreugde is soos voedsel wat aanvanklik vars is - en dan langsamerhand oud en verrot word. 'Die wêreld gaan verby' (1 Johannes 2:17). (Watson)


Niks op aarde kan die diep leë leemte in ons harte bereik nie. En tog probeer ons op verskillende maniere en plekke geluk vind. Salomo, wat alles gehad het, kom tot hierdie eenvoudige gevolgtrekking: “Kyk! Alles kom tot niks!” (Prediker 1:14).


"Geluk is 'n te edele en delikate plant om in hierdie wêreld se grond te groei." - Thomas Watson


Ons is so gewoond daaraan om volgens die reëls en waardes van hierdie wêreld te werk dat die saligsprekinge onmoontlik mag lyk. Om werklik te glo en te leef volgens wat Jesus in Matteus 5 leer, sal vertroue en geloof vereis dat God nie net weet waarvan Hy praat nie, maar dat Hy ook die beste weet.


Meermale sal ons moet bid: “Here, ek glo. Help my in my ongeloof."


Hier is 'n paar vrae om jouself af te vra terwyl jy hierdie studie doen:


Wat leer hierdie verse oor God?


Wat openbaar hierdie verse oor myself?


Hoe het ek soos die wêreld gedink?


Waaroor moet ek berou hê?


Op watter gebiede moet ek die manier hoe ek dink, verander?


Watter aksies moet ek neem in die lig van dit wat Jesus my leer?


Hoe probeer ek vreugde in hierdie wêreld vind, en hoe mis ek dit in die Koninkryk van Jesus?


__________________________________________________________________________________


Love God Greatly Afrikaans gebruik die SOAP metode in ons studies.


Wat beteken S.O.A.P.?


S– Die S staan vir Scripture- jy skryf die teksverse neer…. jy sal verbaas wees om te sien wat God aan jou sal openbaar in Sy woord deur net die tyd te neem om die verse neer te skryf!


O– Die O staan vir Observation- wat sien jy in die verse wat jy lees? Wie is die gehoor? Is daar ‘n herhaling van woorde? Watter woorde staan vir jou uit?


A– Die A staan vir Application- dit is wanneer God se Woord persoonlik word. Wat sê God vandag vir my? Hoe kan ek dít wat ek nou net gelees het, toepas in my eie lewe? Is daar iets wat ek moet doen? Watter veranderinge moet ek maak?


P– Die P staan vir Prayer. Bid God se Woord terug na Hom. As Hy iets aan jou geopenbaar het gedurende hierdie tyd in Sy Woord, bid daaroor. Bely as Hy vir jou gewys het op sonde in jou lewe.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Saligsprekinge

Die Saligsprekinge bied diepe insig oor hoe om die Christelike lewe te leef. Dit bied vertroosting vir die onderdruktes, wysheid vir die onskuldiges en hoop vir die vermoeides. Dit bied vandag steeds troos, wysheid en ho...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid