Leesplan inligting

Vry van Pornografie - John BevereVoorbeeld

Porn Free With John Bevere

DAG 5 VAN 5

Breek die Mag van Skande



Vandag wil ek een van die verraderlike taktieke van die vyand hanteer: skande. Die vyand praat uit twee monde. Hy versoek jou om op die verkeerde pad te gaan, en belowe jou dat dit vervulling, vreugde en plesier sal bring. Dan, as jy aan die versoeking toegee, kla hy jou aan en veroordeel jou. As jy na die vyand se stem luister, sal dit chaos in jou lewe veroorsaak.



Dit is normaal en goed vir 'n gelowige om berou en jammerte te ervaar dat hulle God se hart bedroef het, ander seergemaak het en tevrede was met minder as God se beste wanneer hulle sondig. Noem jou dade by die naam — skandelik, sondig, verkeerd. Toon dan berou — hou op om daardie dinge te doen wat God hartseer maak. Moet egter nie na skande se veroordelende stem luister nie. Laat God toe om te bepaal wie jy is en nie jou stryd nie.



Paulus, geïnspireer deur die Heilige Gees, het met vrymoedigheid die volgende verklaring gemaak: "DAAR is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees" (Romeine 8:1 AFR53).



As jy in Christus is, is dit belangrik om te besef dat Hy jou nie veroordeel nie. Daar is niks wat jy kan doen wat sal maak dat Hy jou minder liefhet nie. Hy is vir jou, nie teen jou nie. Hy is jou advokaat.



Dis hoekom die skrywer van Hebreërs ons aanmoedig: "Kom ons gaan dan met vrymoedigheid na die genadetroon, sodat ons barmhartigheid en genade ontvang en so op die regte tyd gered kan word" (Hebreërs 4:16).



Moenie toelaat dat skande jou neergevel hou as jy struikel nie. Staan op en hardloop na jou hemelse Vader toe. In sy teenwoordigheid sal jy vind dat jy skoon gewas en heilig is. Hierdie wonderlike openbaring sal verhoed dat jy nie teruggaan na sonde nie; dit sal jou eerder aanspoor tot regverdigheid.



Onthou, dis deur sy goedheid dat God jou tot bekering lei. Laat toe dat sy liefde jou hart oorspoel, lewe in verwondering oor alles wat Hy vir jou gedoen het en in Christus aan jou gegee het, en wandel in die vryheid wat Hy vir jou gekoop het. 



Ek hoop jy het hierdie 5-dag leesplan behulpsaam gevind! As jy 'n dieper studie wil maak van hoe om die stryd teen pornografie te wen, gaan kyk na hierdie Pornografie-vrye kursus, wat 'n uitgebreide gids insluit hoe om vry te breek en vry te bly. 


Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Porn Free With John Bevere

Dis nie 'n leesplan om jou oor die kole te haal nie, ook nie om te sê jy moet harder probeer of jou lewe in orde kry nie. Die Vry van Pornografie leesplan, sal jou vanaf jou huidige omstandighede, versigtig en met genade...

More

Baie dankie aan John & Lisa Bevere (Messenger Int'l) wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: https://www.messengercourses.com/porn-free

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid