Leesplan inligting

Vry van Pornografie - John BevereVoorbeeld

Porn Free With John Bevere

DAG 1 VAN 5

 Hoekom Wil Jy Vry Word?


Dalk was jy ook, soos ek, al van jongs af aan pornografie blootgestel. Ek was twaalf jaar oud toe 'n vriend vir my 'n tydskrif wys en dit my beetgekry het. 



Met my bekering het sommige stryde dadelik verdwyn. Ek het opgehou om na partytjies te gaan, te veel te drink en ook dadelik opgehou om te vloek. My stryd met pornografie was egter meer hardnekkig en het aangehou tot in die eerste paar jare van my huwelik. Hoe hard ek ook al probeer het, kon ek dit net nie los nie. 



Ek het toe vir vier dae gevas en is heeltemal vrygemaak. 



Ek het God gevra hoekom ek so lank vasgevang was, ongeag van wat ek probeer het — voor my verslawing uiteindelik gebreek is. Wat Hy aan my openbaar het, was dat ek wel berou oor my sonde gehad het voor ek vrygemaak is, maar dit was die verkeerde soort berou. 



Paulus sê: "... want droefheid volgens die wil van God bring bekering wat tot redding lei, en daaroor was niemand nog ooit jammer nie. Daarteenoor bring droefheid uit wêreldse oorwegings die dood" (2 Korintiërs 7:10).  



Toe ek nie kon vrykom nie, was ek bang vir die gevolge wat die gedurige stryd in my lewe kon veroorsaak. Ek wou nie hê dat dit my bediening of my huwelik moes vernietig nie. 



In die aanloop tot my vrymaking, het alles verander. Ek het berou gehad oor my sonde wat die mense seergemaak het vir wie ek lief was. Dit was Goddelike berou — 'n berou wat nie deur vrees of persoonlike verlies aangedryf was nie, maar deur die liefde vir God en ander mense. Dit het 'n diepe berou in my hart veroorsaak. 



As jy sukkel om bevry te word, moet jy jouself afvra: "Op wie is my berou gefokus?" Het jy 'n wêreldse berou, met vrese oor die persoonlike gevolge van jou sonde? Of het jy Goddelike berou, wat deur opregte liefde aangevuur word? 



Die eerste soort berou sal jou gevange hou. Die tweede een sal jou na vryheid lei. 



Ek wil vandag bid dat God ook in jou Goddelike berou sal bewerkstellig. Vra vir God om jou te help dat jy Hom meer intiem sal leer ken. Vertel Hom dat jy opreg hartseer sal wees oor enige sonde wat in die pad van daardie intimiteit mag kom. Wanneer jou motivering reg is, sal dit 'n hemelsbreë verskil maak. 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Porn Free With John Bevere

Dis nie 'n leesplan om jou oor die kole te haal nie, ook nie om te sê jy moet harder probeer of jou lewe in orde kry nie. Die Vry van Pornografie leesplan, sal jou vanaf jou huidige omstandighede, versigtig en met genade...

More

Baie dankie aan John & Lisa Bevere (Messenger Int'l) wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: https://www.messengercourses.com/porn-free

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid