Leesplan inligting

Van Angs na Vrede Voorbeeld

From Anxiety to Peace

DAG 3 VAN 6

Geloofwaardigheid is vir my 'n belangrike waarde. So dikwels vind ek dit moeilik om positiewe gedagtes of stellings bymekaar te skraap wanneer hulle eenvoudig nie met my gevoelens ooreenstem nie. Byvoorbeeld, as ek griepsimptome het, gaan ek nie aanhoudend sê: "Ek is nie siek nie, ek is nie siek nie, ek is nie siek nie."



Nietemin, eendag terwyl ek na 'n lering oor Filippense 4:8 geluister het, het ek besef hoe dikwels ek eintlik onwaarhede wat in my gedagtes is, verkondig in plaas van waarhede. Die vers sê: "rig jul gedagtes op alles wat waar is." As ons ons gedagtes rig op wat dalk moontlik kan gebeur, of die ergste wat kan gebeur, oordink ons onwaarhede. Kan dit kanker of iets ernstig wees? Moontlik. Maar tot dit wel die geval is, is dit nie waar nie



Ek kan jou nie vertel hoeveel kwale, finansiële krisisse, mislukkings en ernstige gevolge dit vir my gevoel het ek oor die jare ervaar het nie, omdat ek gekies het om aan onwaarhede vas te klou. Die meeste hiervan het nooit eens naastenby gebeur nie. Hulle het net in my gedagtes rondgebons as blote moontlikhede.



Dit mag dalk vanselfsprekend en eenvoudig voorkom, maar ek het geweldige verligting ervaar deur myself te herinner om slegs te fokus op wat is — nie dit wat mag wees nie. My taak is slegs om te fokus op dit wat blyk waar te wees. 


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

From Anxiety to Peace

As jy agterkom dat jy voortdurend met bekommernis en angs sukkel, is hierdie leesplan net vir jou. Daar sal nie 'n kitsoplossing wees wat 100% vrede waarborg nie, ook sal nie elke ding wat angsverwant is aangespreek word...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid