Leesplan inligting

Lewe met Krag en Moed!Voorbeeld

Lewe met Krag en Moed!

DAG 7 VAN 8

“Hy bou Karakter om Jou te Help Groei”


Goeie karakter is nie iets wat ons sommer maar net ontvang saam met verlossing nie, maar dit is iets wat oor tyd heen geleer en ontwikkel word. Dit is een van God se primêre doelwitte om ons te help om ‘n Christus-gelykvormige karakter te bou. Die Heilige Gees help ons om al meer soos Jesus te word deur Sy karakter in ons te bou en te ontwikkel. Die Bybel noem dit die Vrug van die Gees.


“Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing. Teen sulke dinge het die wet niks nie.” Galasiërs 5:22-23


Te midde van uitdagings probeer ons soms om moeilikhede deur ons eie krag te oorkom. Deur dit te doen, mag ons dalk in die versoeking val om ons Christelike karakter te kompromiseer in ‘n poging om uit ons moeilikhede van die verlede te kom, of om “kort paaie te vat.” Maar wanneer ons vra na die krag van die Heilige Gees, dan help Hy ons om op die pad van integriteit, waarheid en eerlikheid te bly ongeag die omstandighede.


Gedurende seisoene van sukses, behoort dieselfde Bybelse standaarde in plek te bly. Self-gefokusde trots en arrogansie is in direkte konflik met die Christelike karakter wat God in ons lewens wil ontwikkel. Nederigheid is in wese die vereiste vir elke Christen om aanhoudende bevordering van God te ontvang.


“Geseënd is die sagmoediges, want hulle sal die nuwe aarde ontvang.” Matteus 5:5


Dit is eers wanneer ons beide ons uitdagings en suksesse met ‘n Christus-gelykvormige karakter in die oë kyk, dat ons begin groei in ons reis saam met God. Dan begin ons selfs raaksien dat ‘n lewe volgens die Vrug van die Gees vir ons die heel beste is en ook tot Sy eer is. Hoe meer ons in ons wandel met God groei, hoe meer kan God groter seëninge aan ons toevertrou!

Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Lewe met Krag en Moed!

Jy is nooit alleen nie. Of jy 1 dag of 30 jaar op die pad van jou Christelike geloof is, hierdie waarheid staan vas, maak nie saak watter uitdagings die lewe na jou kant toe gooi nie. Leer hoe om dinge op God se manier t...

More

Ons wil graag Twenty20Faith, Inc bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.twenty20faith.org/yvdev3

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid