Leesplan inligting

Lewe met Krag en Moed!Voorbeeld

Lewe met Krag en Moed!

DAG 1 VAN 8

“Jy is Nooit Alleen nie”


Dit word dikwels gesê dat die lewe uit ‘n reeks van hoogte- en laagtepunte bestaan, tye van vreugde en belofte wat afgewissel word met seisoene van uitdagings en twyfel. Die lewe is nie net ‘n geleidelike en stabiele klim oppad na die toppunt toe nie; dit is eerder ‘n reis wat bestaan uit heuwels en valleie. Beide gelowiges en ongelowiges gaan deur dieselfde hoogte- en laagtepunte.


Maar ons as Christene het ‘n ongelooflike belofte van God ontvang dat ons nooit nét teen die valleie van die lewe hoef vas te kyk nie. Hier is Sy bemoedigende woorde aan ons:


“Hou moed en wees dapper! Moenie bang wees nie, moenie vir hulle skrik nie, want die Here julle God gaan saam met julle. Hy sal julle nie in die steek laat nie, julle nie alleen laat nie.” Deuteronomium 31:6


Die waarheid is dat ons God se teenwoordigheid nodig het in beide seisoene van uitdagings en sukses. Deur te weet dat God by ons is, kan ons elke uitdaging in die lewe eerder beskou as ‘n stap nader aan sukses in plaas van ‘n mislukking wat wanhoop bring.


Geen berg is te hoog en geen vallei te laag vir God om ons te ontmoet nie. Maak nie saak wat ons omstandighede is nie, God is getrou, en Hy is altyd by ons!

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Lewe met Krag en Moed!

Jy is nooit alleen nie. Of jy 1 dag of 30 jaar op die pad van jou Christelike geloof is, hierdie waarheid staan vas, maak nie saak watter uitdagings die lewe na jou kant toe gooi nie. Leer hoe om dinge op God se manier t...

More

Ons wil graag Twenty20Faith, Inc bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.twenty20faith.org/yvdev3

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid