Leesplan inligting

Lewe met Krag en Moed!Voorbeeld

Lewe met Krag en Moed!

DAG 5 VAN 8

“Hy maak Verlossing ‘n Persoonlike Werklikheid”


Terwyl dit Jesus was wat betaal het vir ons redding, is dit God se teenwoordigheid deur die Heilige Gees wat verlossing ‘n persoonlike werklikheid maak vir enigeen wat dit ontvang. Jesus het dit duidelik gemaak dat ons nie sommer maar net verlossing ontvang as ons gebore word nie. Daar is ‘n geestelike wedergeboorte wat moet plaasvind, iets wat net die Heilige Gees kan doen.


“Jesus het geantwoord: “Dit verseker Ek jou: As iemand nie uit water (natuurlike geboorte) en Gees (geestelike vernuwing) gebore word nie, kan hy nie in die koninkryk van God kom nie. Wat uit die mens gebore is, is mens; en wat uit die Gees gebore is, is gees.” Johannes 3:5-6


Die oomblik wanneer iemand Christus in hulle lewe ontvang, dan roep dit die innerlike mens op tot geestelike vernuwing; die resultaat is dat die straf van sonde volledig vir hulle verwyder word.


Hierby is die Heilige Gees in die lewens van ongelowiges werksaam om God se ongelooflike liefde aan hulle te openbaar. Jesus het gesê:


“Wanneer die Voorspraak kom wat Ek vir julle van die Vader af sal stuur, die Gees van die waarheid, wat van die Vader uitgaan, sal Hy oor My getuig.” Johannes 15:26


Vandag sit die Heilige Gees hierdie wonderlike bediening voort deur God se liefde, wat in Jesus verpersoonlik word, bekend te maak. Hy verkondig Jesus, en alles wat Hy verteenwoordig, aan beide gelowiges en ongelowiges in ons wêreld.

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Lewe met Krag en Moed!

Jy is nooit alleen nie. Of jy 1 dag of 30 jaar op die pad van jou Christelike geloof is, hierdie waarheid staan vas, maak nie saak watter uitdagings die lewe na jou kant toe gooi nie. Leer hoe om dinge op God se manier t...

More

Ons wil graag Twenty20Faith, Inc bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.twenty20faith.org/yvdev3

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid