Leesplan inligting

Om God se Lewe vir My Wil te VindVoorbeeld

Finding God's Life For My Will

DAG 3 VAN 5


In graad sewe is ek twee en veertig keer na die skoolhoof se kantoor toe gestuur. Ja, jy het reg gelees. Twee en veertig keer. Jy vra dalk nou: "Waarom sou ek geestelike raad van 'n jeugmisdadiger aanvaar? Goeie vraag. Die rede is, ek het 'n wonderlike skoolhoof gehad wat geweier het om my te etiketteer op grond van my foute. Sy naam is Randy Brunk. Oor en oor sou ek na sy kantoor gestuur word. In plaas daarvan dat hy my "moeilikheidmaker" of "klasnar" of "verlore saak" genoem het, soos sommige na my sou verwys, het hy my bloot "jongman" of "meneer" genoem. Alhoewel my optrede nie sulke hoflikheid verdien het nie, het mnr. Brunk geweier dat my mislukkings my definieer. Hy verpersoonlik die aanhaling wat aan beide Goethe en Emerson toegeskryf is: “Behandel 'n man soos hy is en hy sal bly soos hy is. Behandel ’n man soos hy kan wees, en hy sal word wat hy behoort te wees.” Ons bring ons lewens deur om goed genoeg te wees vir 'n nuwe naamplaatjie, sonder om te besef dat Jesus, soos my skoolhoof, ons reeds 'n nuwe naam gegee het. Ons het nie nodig om onsself nuut te maak nie, ons moet eenvoudig glo wat Hy oor ons sê.


Die Bybel sê in 2 Korintiërs 5:17: “Iemand wat aan Christus behoort, is 'n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom." Ek weet nie watter foute jy sien wanneer jy in die spieël kyk nie. Wie jy ook al glo na jou terugkyk, is hoe jy sal optree. Etikette is kragtige goed. Miskien het jy nooit geleer om verby die etikette te kyk wat jy op dertien gekry het nie. Miskien het jy saamgestem met die foute wat jy gemaak het en dit is wie jy sedertdien is. Miskien het jy daarvan gedroom om 'n skoolhoof soos myne te hê, want joune het net vir jou gesê wie jy nooit sal wees nie. Miskien hoop jy hierdie keer sal jy uiteindelik regkom. Miskien sal dit nou die tyd wees wat jy jouself aan jou stewelveters sal optrek en nuut word. Miskien. Wel, voor jy dit probeer doen, wil ek jou herinner aan wat ek as 'n graad sewe "gevaar" geleer het. Gedrag volg die etiket, nie andersom nie. En die beste deel? Jy is nou 'n nuwe skepsel, net daar waar jy is, as jy dit net wil glo. Jy verdien dit nie. Om die waarheid te sê, niemand van ons kan dit verdien nie. Ons ontvang dit net. Wanneer ons die nuwe naam ontvang wat genade ons gee, begin ons optree soos wie ons geskep is om te wees. 


Ek het nou vier dogters (bid vir my). Dit is wonderlik om vier meisies in die huis te hê. Dit beteken net iemand huil altyd en dis gewoonlik ek. Nee, ek bid nie vir 'n seun nie. Ek het gevind die Here gee meisies aan 'n gesin wat reeds 'n man het. Haai O! Noudat ek egter 'n pa is, is ek intens bewus van hoe vroeg ons ons etikette begin glo. Net 'n paar dae gelede, na verskeie opsetlike vertonings van absurde ongehoorsaamheid, het my vierjarige gekreun: "Ek doen altyd alles verkeerd." 


Om daardie woorde uit haar mondjie te hoor, het messe dwarsdeur my gestuur. Ek het neergekniel en haar gesig saggies in my hande gehou. "Nee, skat," het ek ferm dog teer teëgewerp “Jy het vandag ’n paar slegte keuses gemaak, maar dit is nie wie jy is nie. Jy is 'n kind van die lig, en môre kry ons 'n nuwe kans. Genade is elke oggend nuut.” 


“Elke oggend?” vra sy en lig haar hartseer oë op na myne, eindelose poele blou en moontlikhede. “Elke oggend, liewe meisie. Ek weet, want ek het dit ook elke oggend nodig.” 


Ons het mekaar omhels en ek het baie meer gehuil as sy. As ek enige werk op hierdie aarde het, is dit eerstens om elke dag vir my lieflike dogters te vertel wie hulle kan wees. Na twee en veertig reise na Randy se kantoor toe, glo ek dat ons almal uiteindelik word wie ons glo ons is. Of miskien moet ek sê, Wie s'n ons glo ons is.


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Finding God's Life For My Will

Wil jy volle duidelikheid hê oor God se wil vir jou lewe? Mike Donehey, hoofsanger van "Tenth Avenue North", het dieselfde gevoel totdat hy besef het God se doel met ons lewens is nie die dobbelspeletjie wat ons dit maak...

More

Baie dankie aan WaterBrook Multnomah wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://waterbrookmultnomah.com/books/586107/finding-gods-life-for-my-will-by-mike-donehey/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid