Leesplan inligting

Leef deur geloofVoorbeeld

Leef deur geloof

DAG 1 VAN 5

GELOOF IS ALLES


Sonder geloof kan ons God nie behaag nie. Dié wat glo, moet glo dat Hy bestaan en dié beloon wat pligsgetrou na Hom soek. 


Soms sê ek vir mense dat God nie gebed beantwoord nie. Dan laat ek my stelling net so in die lug hang en sien hoe hulle baie ongemaklik raak. Ek gaan dan voort en sê vir hulle dat God die gelowige gebed beantwoord. Jy sien, as ons glo, sal ons ontvang. (Matteus 21:22) Dit gaan daaroor om te glo – glo dat Jesus Christus die Seun van God is, glo dat Hy ’n wonderwerker is en glo dat Hy gister, vandag en altyd dieselfde is. (Hebreërs 13:8)


“Jou geloof het jou genees,” is wat Jesus vir die siek vrou gesê het. (Lukas 8:48) Sy het geweet dat as sy net aan die soom van sy kleed kon raak, sy genees sou word. (Lukas 8:43-48)


’n Soortgelyke ding het met Bartimeus, die blinde man, gebeur. (Markus 10:46-52) Hy was vasbeslote om seker te maak dat Jesus hom hoor wanneer Hy verbyloop. Hy het hard geskree. Almal het vir hom gesê om stil te bly, maar hy het nie geluister nie. Hoekom? Want hy het geweet hierdie prediker wat verbyloop, was sy enigste kans om te kon sien. Uiteindelik het Jesus gaan staan en gevra: “Wat wil jy hê moet Ek vir jou doen?” (Markus 10:51). Toe vra hy Jesus vir sy sig. Hy het dit onmiddellik ontvang en is genees. Jesus het vir hom gesê: “Omdat jy so vas geglo het, het jy gesond geword” (Markus 10:52). Dit gaan oor geloof. Ons moet net glo. 


Johannes 3:16 is die bekendste Skrifgedeelte in die Bybel. Dis gewoonlik die eerste vers wat elke nuwe gelowige memoriseer: “ God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê.” Dit is die volle evangelie in ’n neutedop. As jy daardie vers kan glo, sal jy gered word. Kom ons vra God om ons geloof te vermeerder, net soos die dissipels Hom gevra het in Lukas 17:5.


GEBED: Liewe Here Jesus, U is die enigste persoon in die lewe wat ek volkome kan vertrou. Vermeerder asseblief my geloof, want U sal my nooit in die steek laat nie. Dankie dat U u lewe gegee het om myne te red. Amen.
Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Leef deur geloof

Deur geloof in God word lewens verander, seën ontvang en hoop aangevuur. Geloof in God is die begin van ’n nuwe lewe vol verwondering oor God se grootheid en mag. In hierdie leesplan sal jy die krag van geloof ervaar en ...

More

Ons wil graag Angus Buchan en Christelike Uitgewersmaatskappy bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Besoek gerus vir meer inligting: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid