Leesplan inligting

Die Reise Van Die VerbondsarkVoorbeeld

Die Reise Van Die Verbondsark

DAG 2 VAN 6

1400 v.C.



  • Rigters 18:31 en 19:18. Die plek in Silo waar die tabernakel staangemaak is, word genoem die “huis van die Here”.

  • Rigters 20:18,26-27. Die verbondsark en tabernakel word in Bet-el (binne die grondgebied van die stam van Benjamin) staangemaak. 

  • 1 Samuel 1:3; 3:3. Dit was die permanente staanplek van die verbondsark en tent van samekoms tot met die tyd van koning Dawid en Salomo. Die ark van die Here het hier in Silo gestaan, waar Eli en sy twee seuns, Hofni en Pinehas, priesters van die Here was. Die Here spreek tot klein Samuel, wat naby die ark van God lê en slaap het. Die Here spreek ’n oordeel oor die huis van Eli uit.

  • 1 Samuel 4. Die Filistyne het die ark van God geneem en op dieselfde dag het Eli en sy twee seuns gesterf.

  • 1 Samuel 5:1-12. Die Filistyne het die ark van God geneem, en dit na Asdod gebring, daarna vanaf Asdod na Gat, en daarvandaan na Ekron. Al drie was Filistynse dorpe. Die ark van die Here het altesame sewe maande in die land van die Filistyne gebly (1 Sam 6:1).

  • 1 Samuel 6. Nadat die hand van die Here swaar op hulle gerus het, het die Filistyne die ark van God teruggestuur na die volk Israel, na die dorp Bet-Semes.

  • 1 Samuel 6:19-21. Die mense van Bet-Semes het uit nuuskierigheid die ark van die Here bekyk, en as gevolg daarvan het 50 070 mense gesterf. Niemand mag die ark bekyk of dit betas het nie (Num 4).

  • 1 Samuel 7:1-2. Daarop het die mense van Bet-Semes boodskappers gestuur na die inwoners van Kirjat-Jeárim om die ark van die Here na hulle toe af te bring. Die ark van die Here word gebring na die huis van Abinádab in die dorp Kirjat-Jeárim. Dit het twintig jaar lank daar gebly. Abinádab se seun Eleásar is geheilig om die ark van die Here te bewaak.

  • 1 Samuel 14:18. Saul beveel die priester Ahia om die ark van God tydelik af te bring na die oorlogskamp.

  • 2 Samuel 6:1-9. Dawid besluit om die ark van God na Jerusalem oor te bring. Ussa word met die dood gestraf omdat hy aan die ark geraak het. Dawid, uit vrees vir die Here, laat die ark uitdraai na die huis van Obed-Edom. Die ark het drie maande in sy huis gebly (2 Sam 6:10-11).

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Die Reise Van Die Verbondsark

Die verbondsark van die Here is by die voet van die berg Sinai gebou. Nadat die ark van die Here gebou en in die Allerheiligste staangemaak is, het die reise van die verbondsark begin. Die reise van die ark kan in twee d...

More

Ons bedank Raymond D. Lombard Ministries vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://www.raymondlombard.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid