Leesplan inligting

Die Reise Van Die VerbondsarkVoorbeeld

Die Reise Van Die Verbondsark

DAG 1 VAN 6

1450 v.C.



  • Exodus 25. Die Here gee aan Moses by die berg Sinai opdrag om die ark van die verbond te bou. 

  • Exodus 26:30-34. Moses word ook beveel om ’n voorhangsel te maak van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne.

  • Exodus 40:1-21. Die verbondsark word in die Allerheiligste plek in die tabernakel geplaas. Die ark het nie ’n heilige item geword voordat hy op sy plek in die Heilige der Heilige geplaas is en die heerlikheid van die Here daarop kom rus het nie (vers 34-35). 

  • Númeri 3:30-31; 4:2-18. Die verbondsark sou alleenlik deur die Kehatiete gedra mag word op al sy reise. In Númeri 10:33 lees ons van die heel eerste reis van die verbondsark. In hierdie geval het die reis drie dae geduur. Soms het die reise langer geduur en soms korter. Veertig jaar lank (inderwaarheid 39 jaar) het Israel in die woestyn rondgetrek met die verbondsark wat altyd voor getrek het.

  • Númeri 14. Die trek vanaf Horeb (Sinai) na Kades-Barnéa was elf dae (Deut 1:2). Daar het hulle die 12 spioene uitgestuur en weens hul ongeloof het die Here die volk terug die woestyn in gelei, waar hulle byna 40 jaar lank rondgetrek het as straf vir hul ongeloof en ongehoorsaamheid.

  • Númeri 17:8, 10. Aäron se staf word voor die ark van die Getuienis gelê as aanduiding van wie God se keuse was om die priesteramp te beoefen.

  • Josua 3-4. Die priesters dra die verbondsark deur die Jordaanrivier. Twaalf klippe word in die Jordaanrivier opgerig nadat die Jordaan oopgegaan het.

  • Josua 6. Die verbondsark word om die stad Jérigo gedra.

  • Josua 7-8. Josua val in verootmoediging voor die ark van die Here neer weens die nederlaag van Israel teen die stad Ai, as gevolg van sonde onder die volk. Ná die inneming en verwoesting van die stad Ai word ’n altaar vir die Here op die berg Ebal gebou. Daar het Josua ’n afskrif van die wet van Moses op die klippe geskrywe terwyl die volk weerskante van die verbondsark staan.

  • Josua 18: 1-10. Die tabernakel (tent van samekoms) word opgeslaan in Silo (binne die grondgebied van die stam van Efraim), aangesien die land Kanaän voor die volk Israel onderwerp is.

  • Joshua 22:12,19. Die kinders van Israel het in Silo byeengekom omdat dit die plek is waar die tabernakel en ark gevestig was.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Die Reise Van Die Verbondsark

Die verbondsark van die Here is by die voet van die berg Sinai gebou. Nadat die ark van die Here gebou en in die Allerheiligste staangemaak is, het die reise van die verbondsark begin. Die reise van die ark kan in twee d...

More

Ons bedank Raymond D. Lombard Ministries vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://www.raymondlombard.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid