Leesplan inligting

Die Goeie WerkVoorbeeld

The Good Work

DAG 4 VAN 7

Om Opposisie In Die Binnekring In Die Gesig Te Staar



Om opposisie van buite in die gesig te staar ​​is een ding. Maar hoe reageer jy as opposisie van binne kom? Baie waardige sake het deur interne meningsverskille en uitvalle ten gronde gegaan. Hoe moet ons op hierdie struikelblokke reageer?



Soos ons in hoofstukke vyf en ses van Nehemia sien, hang die regte antwoord van die situasie af.



Soms lyk die opposisie van binne baie soos die opposisie van buite. Nehemia het hierdie soort innerlike opposisie ervaar toe 'n Jood met die naam Semaja, wat deur Sanballat en Tobija gehuur is, hom probeer oortuig het om homself binne die tempel toe te sluit, buite die gevaar. Maar Nehemia het die plan van Semaja raak gesien en voortgegaan met die werk wat God hom gegee het om te doen.



As die opposisie van binne ongegrond is, moet ons nie toelaat dat dit ons aandag aflei nie. Ons moet aanhou vorentoe beweeg.



Maar opposisie is nie altyd ongegrond nie. Ryk Jode dwing die armes om geld teen hoë rente te leen en dan hul landerye, wingerde en huise as sekuriteit te gee om hul gesinne te voed. Nog erger was, dat die armes in sommige gevalle geen ander keuse gehad het as om hulle kinders aan slawerny te onderwerp om aan die lewe te bly nie. 



Toe die armes na Nehemia toe kom met hul situasie, het hy hierdie hindernis nie geïgnoreer nie. Hy het geweet ​​dat hierdie konflik die eenheid van diegene wat die muur herbou bedreig en in stryd was met God se liefde vir die armes. Wat beteken Nehemia moes optree. Nadat hy daaroor gedink het, het hy na die welgestelde Jode gegaan en hulle gekonfronteer oor wat hulle gedoen het. Sy saak was so godvrugtig dat die Jode niks kon vind om te sê ter verdediging van hul optrede nie, en hulle het ingestem om alles wat hulle van hul mede-Jode geneem het, terug te gee.



As die opposisie van binne geldig is, moet ons dit volstoom hanteer.



Hoe kan ons die verskil tussen ongegronde en geldige opposisie sien? Bid. Soek God se Woord. Vra God vir die nodige wysheid om die verskil te ken en om leiding te gee om elke struikelblok te hanteer wat jou kant toe kom. Hy sal jou help om jou volgende tree vorentoe te vind.



Bid: Vra God vir eenheid tussen jou en jou medewerkers. 


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

The Good Work

Dis dalk nie vir jou moontlik om die hele wêreld te verander nie, maar jy kan jou deel daarvan verander. Wat is jou doel? Wat is jou verhaal? Wat wil God deur jou doen? Vind uit deur Nehemia se ondervindinge in hierdie n...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid