Weer Tuis: 'n Studie Van Die Verlore SeunVoorbeeld

Home Again: A Study Of The Prodigal Son

DAG 4 VAN 6

Die krag in die verhaal van die verlore seun lê in die onverwagse einde. Diegene wat na Jesus geluister het terwyl hy hierdie verhaal vertel het, het goed geweet dat die jonger broer wat na sy pa teruggekeer het, verdien het om met verwerping en woede ontvang te word.

Die jonger broer het met die grootste minagting teenoor sy pa opgetree en hom in wese dood gewens en net begeer wat hy as 'n erfenis van hom kon verkry. Boonop het hy toe weggegaan en al die rykdom van sy pa verkwis. Dit was erg genoeg om iemand se geld te neem en hulle dood te wens, maar dan dit alles te bestee op waardelose dinge het net verdere sout in die wonde gevryf.

Stel jou voor dat jy in die skare luisteraars gestaan het terwyl Jesus verduidelik het dat die pa, terwyl die jonger seun nog ver was, na sy seun begin hardloop het. Hulle het waarskynlik met afgryse geluister en gewonder hoe gewelddadig die pa se reaksie sou wees. Maar toe gebeur iets baie onverwags — die pa het sy seun in sy arms omhels en hom sonder enige verwyt tuis verwelkom.

In Johannes 6:28 vra die dissipels vir Jesus die vraag: “Wat moet ons doen om te doen wat God van ons verlang?”

In wese het al die dissipels daar gesit en Jesus gesmeek vir die geheime wenk oor hoe om die guns van God te geniet. Jy kan jou amper voorstel hoe Jesus glimlaggend oorleun na hulle, miskien selfs 'n bietjie talm vir dramatiese effek, en dan met uiterste eenvoud te verklaar: “Glo in Hom wat Hy gestuur het.”

Soos met die seun wat na sy pa terugkeer, hoef ons nie onsself eers te reinig voordat ons na God toe terugkeer nie.

Ons word uitgenooi om te glo dat Jesus se dood aan die kruis en sy opstanding ons reeds die guns van God laat geniet, ongeag ons foute van die verlede. Neem die raad wat die dissipels ontvang het; glo dat as gevolg van wat Jesus gedoen het, God na jou toe hardloop om jou tuis te verwelkom.

Oorweeg:
Het jy besef dat God jou so liefhet dat Hy na jou toe sal hardloop wanneer jy na Hom terugkeer?

Toepassing:
Hoe laat hierdie bewusmaking oor God die manier verander hoe jy jou lewe leef?

Aangaande hierdie leesplan

Home Again: A Study Of The Prodigal Son

Hierdie 6-dag leesplan gebruik daaglikse Skrif, oordenkings en 'n kort film om te ontdek hoe ons die verhaal van die verlore seun op ons eie lewens kan toepas. Die video-opname bied die gelykenis in 'n moderne verhaal aan sodat lesers kan ontdek hoe Christus hulle sien, en dan deur hierdie begrip genoop voel om 'n lewe te lei wat aan Hom toegewy is.

More

Ons wil graag Life.Church bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.life.church