Weer Tuis: 'n Studie Van Die Verlore SeunVoorbeeld

Home Again: A Study Of The Prodigal Son

DAG 2 VAN 6

Jesus het deurgaans gelykenisse in sy lering gebruik omdat dit Hom toegelaat het om Bybelse beginsels aan te bied binne 'n verhaal wat tot die konteks van sy gehoor gepraat het.

Terwyl ons dus die gelykenis van die verlore seun in vandag se konteks lees, besef ons nie altyd hoeveel hierdie verhaal sy luisteraars sou geskok het nie.

In Lukas 15:12 lees ons hoe die jongste seun sy vader vra vir die volle deel van die besittings wat hom toekom. Diegene wat geluister het toe Jesus dit gesê het, sou ontsteld gewees het om te hoor van 'n seun wat so iets vir sy pa sê. Volgens kultuur sou 'n pa sy besittings aan sy seuns oordra eers na sy dood. In wese dus, het die jonger seun gesê: "Ek wens Pa was dood, want ek wil nou my erfenis hê."

In die eerste aflewering van die kort film, Weer Tuis, sien ons hoe skokkend 'n stelling soos hierdie is wanneer dit vir 'n liefdevolle pa gesê word. Wanneer ons dit in 'n moderne omgewing sien afspeel, kry ons die kans om te ervaar hoe dit moes gevoel het om hierdie gelykenis in sy oorspronklike konteks te hoor.

Diegene wat na Jesus se lering geluister het, sou hierdie daad as onvergeeflik beskou het, en tereg verwag het dat die pa sy seun sou verloën en hom nooit 'n erfenis sou gee nie.

Jesus neem die verhaal egter in 'n mees onverwagte rigting en sê vir hulle dat die pa sy seun se buitensporige versoek toegestaan het. Diegene in die skare moes geskok gewees het dat so 'n versoek toegestaan sou word.

In Romeine 1:22-24 praat Paulus oor hoe die mensdom dieselfde versoek aan God gerig het. Ons soek voortdurend na iets in die skepping sonder dat die Skepper daaraan verbonde is. Ons gee nie veel om vir God en om 'n verhouding met Hom te hê nie, ons almal sou eerder verkies om net al sy besittings te kon hê. Ons vergeet dat dit nie God se besittings is nie, maar God self wat die verlange van ons harte sal bevredig.

Totdat ons dit besef, sal ons voortgaan om soos die jonger broer te leef en alles en enigiets (afgesien van God) na te streef in 'n onmoontlike soeke na geluk.

Oorweeg:
Wil jy God se besittings meer hê as wat jy God self wil hê?

Toepassing:
Kyk na die eerste aflewering van die film Weer Tuis en dink daaraan hoe jy op dieselfde manier in jou verhouding met God opgetree het.

Aangaande hierdie leesplan

Home Again: A Study Of The Prodigal Son

Hierdie 6-dag leesplan gebruik daaglikse Skrif, oordenkings en 'n kort film om te ontdek hoe ons die verhaal van die verlore seun op ons eie lewens kan toepas. Die video-opname bied die gelykenis in 'n moderne verhaal aan sodat lesers kan ontdek hoe Christus hulle sien, en dan deur hierdie begrip genoop voel om 'n lewe te lei wat aan Hom toegewy is.

More

Ons wil graag Life.Church bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.life.church