Leesplan inligting

’n Hart vol DankbaarheidVoorbeeld

’n Hart vol Dankbaarheid

DAG 4 VAN 5

TEL JOU SEËNINGE

“Maar julle moet vasstaan en nie moedeloos word nie, want julle sal die beloning vir julle optrede ontvang” (2 Kronieke 15:7).

Ons het twee keuses in die lewe: Ons kan ’n negatiewe houding en lewensbeskouing hê, en ons bekommer oor hoe ons deur die jaar gaan kom; of ons kan dankbaar wees, elke dag ons seëninge tel en erken dat God in beheer is. Ek wil julle aanmoedig om jul seëninge te tel, om die goeie en positiewe dinge om julle raak te sien, want daar is baie.

Ons gaan dit nie maak as ons ’n pessimistiese houding het nie – en dit is veral waar vir eienaars van besighede. Daar lê sekerlik baie uitdagings voor ons, maar kom ons staan die tyd af om die goeie te soek. Kom ons tel ons seëninge.

Vroeg een oggend het ek op my perd gaan ry. Die son het geskyn, die voëls het gesing – dit was ’n nuwe dag en nog ’n nuwe begin. Beskou elke dag wat aan jou geskenk word as ’n nuwe dag en doen alles in jou vermoë om jou land ’n beter plek vir ander te maak.

Ek sê weer, laat ons optimisties wees, laat ons ons oë op Jesus gerig hou, die Begin en Voleinder van ons geloof. Kom ons probeer Hebreërs 12:1-2 vervul: “Terwyl ons dan so 'n groot skare geloofsgetuies rondom ons het, laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde wat ons so maklik verstrik, en laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop, die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof. Ter wille van die vreugde wat vir Hom in die vooruitsig was, het Hy die kruis verduur sonder om vir die skande daarvan terug te deins, en Hy sit nou aan die regterkant van die troon van God.”

As God vir ons is, kan niemand teen ons bly staan nie. Werk volgens die beginsels van God en Hy sal die res doen. Wees lief vir jou huweliksmaat en respekteer hom of haar. Behandel jou kinders regverdig en met respek. Betaal ’n billike dagloon vir ’n harde dag se werk, help ander en wees ’n goeie buurman of -vrou. Gee aan God wat Hom toekom en vir die mens wat hom toekom (Matteus 22:21). Waardeer dít wat God aan jou toevertrou het, dan sal jy vreugde en vervulling vind.

GEBED: Vader, help my om elke dag my seëninge te tel en nie in die strik van negatiewe gedagtes te trap nie. Moedig my aan om voort te gaan en elke dag tot u eer te leef. Ek bid dit in Jesus se kosbare Naam. Amen.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

’n Hart vol Dankbaarheid

Daar is soveel om voor dankbaar te wees, waarvoor ons God elke dag kan dank. Wanneer ons besef dat elke asemteug ’n geskenk uit sy hand is, sal ons hart gevul word met dankbaarheid. Hierdie 5-dag leesplan is geneem uit D...

More

Ons wil graag Angus Buchan en Christelike Uitgewersmaatskappy bedank vir die verskaffing van hierdie plan. https://www.amazon.com/author/angusbuchan1

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid