Leesplan inligting

’n Hart vol DankbaarheidVoorbeeld

’n Hart vol Dankbaarheid

DAG 3 VAN 5

RESPEK EN DANKBAARHEID

“En die Koning sal hulle antwoord: ‘Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen'” (Matteus 25:40).

Die Bybel verwag van ons om ons liefde vir Jesus te toon deur mense wat in nood is te help. As jy jou dankbaarheid vir alles wat Jesus vir jou gedoen het, wil betuig, moet jy ander versorg en mense met sorgsaamheid behandel.

Die beste manier om dankie te sê, is om te sorg vir die minste van die Here se broers en susters. Wat kos dit om vir ’n winkelassistent dankie te sê? Wat kos dit om die kelner te bedank?

Wat van jou vrou wat al vir soveel jare aan jou getrou is? Wys jou waardering deur vir haar blomme te gee, of neem haar op ’n heerlike vakansie. Jy kan nie jou geld met jou saam neem hemel toe nie. Moenie vir môre los wat jy vandag kan doen nie.

Wanneer jy aansit vir ’n heerlike ete wat jou vrou voorberei het, sê jy vir haar dankie? Ek is al meer as 40 jaar getroud en elke dag wanneer ek van die tafel af opstaan, bedank ek my vrou. Ek het al mans dopgehou wat nooit dankie sê nie. Dis onbeskof en baie ontmoedigend vir die persoon wat die kos gemaak het.

Net so behoort ’n vrou nie haar man as vanselfsprekend te aanvaar nie. Bedank hom vir die dak oor jou kop en vir alles wat hy in en om die huis doen. Wees beleefd teenoor mekaar, want dit kos absoluut niks nie.

Wees vriendelik en bedagsaam teenoor jou kollegas, jou werknemers en ook teenoor vreemdelinge. Bied aan om die tas van die bejaarde dame by die lughawe te dra of bied haar jou sitplek op die bus aan. Behandel ouer mense met respek en onthou dat jy self ook eendag oud sal wees. Doen alles wat jy kan om in die koninkryk van God te saai. Hou in gedagte dat dít wat jy op aarde vir iemand doen, dieselfde is as om dit vir Jesus te doen.

GEBED: Here Jesus, maak my elke dag daarvan bewus dat ek alles wat ek vir mense op aarde doen, in der waarheid vir U doen. Help my om alle mense met liefde en respek te behandel en om altyd die tyd te neem om dankbaarheid te betoon deur dankie te sê. Amen.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

’n Hart vol Dankbaarheid

Daar is soveel om voor dankbaar te wees, waarvoor ons God elke dag kan dank. Wanneer ons besef dat elke asemteug ’n geskenk uit sy hand is, sal ons hart gevul word met dankbaarheid. Hierdie 5-dag leesplan is geneem uit D...

More

Ons wil graag Angus Buchan en Christelike Uitgewersmaatskappy bedank vir die verskaffing van hierdie plan. https://www.amazon.com/author/angusbuchan1

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid