Leesplan inligting

Getroue LiefdeVoorbeeld

Getroue Liefde

DAG 5 VAN 43

Lees: Hosea 1:3-5, 2 Konings 17:21-23

SOAP: Hosea 1:5

Verdere Leeswerk: 2 Konings 17:7-20

Dié dag sal Ek die leër van Israel vernietig in die Jisreëlvlakte.- Hosea 1:5

 

Soos met talle ander mense in die Skrif, het Gomer se drie kinders betekenisvolle name gekry wat deur die Here gekies is. Die eerste kind, 'n seun, is Jisreël genoem, wat beteken "God saai" of "God verstrooi."

Jisreël was 'n stad in die stam van Issaskar, naby die Gilboaberg en word geassosieer met die drastiese vonnis wat Jehu oor die geslag van Agab uitgevoer het (2 Konings 9-10 en 1 Konings 21:21-24). Jehu was so ywerig om die land van Agab se bose afstammelinge te suiwer, dat hy baie meer mense vermoor het as wat die Here beveel het, insluitende koning Ahásia van Juda en twee-en-veertig van sy familielede (2 Konings 9:27-10:14).

Deur die geboorte van Hosea se seun het God aangekondig dat Hy die onskuldige bloed wat gestort is deur Jehu sal wreek en 'n einde maak aan sy vorstehuis in Israel. Dit het in vervulling gegaan in 752 vC toe Sagaria, die agterkleinkind van Jehu en die laaste van sy bloedlyn om te heers, vermoor is. God het ook aangekondig dat die hele koninkryk van Israel tot 'n einde sou kom met die nederlaag van haar weermag. Dit het in 724 vC plaasgevind.

Soms voel ons dat die euwel wat ons rondom ons sien of die verkeerde dinge wat ander mense aan ons doen, ongestraf gaan bly. Maar God is nie onoplettend oor wat in ons lewe gebeur nie. Hy sien, Hy weet en Hy is 'n regverdige God. Niks gaan ongesiens by Hom verby nie.

Liewe Here, U sien my. U sien my pyn, U sien my trane, U sien my gebroke hart. U weet en laat alles wat in my lewe gebeur toe volgens u volmaakte wil. Vader, help my om U te vertrou. Help my om te vertrou dat U heilig en getrou is. Amen.

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Getroue Liefde

Getroue liefde. Verbondsbelofte. Ewige verbintenis. Dit beskryf nie net God se verhouding met sy mense nie, maar ook Hosea se verhouding met sy vrou, Gomer. Toe God se mense van Hom weggedraai het, kon Hy sy rug op hulle...

More

Ons wil graag vir Love God Greatly bedank vir hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.lovegodgreatly.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid