Leesplan inligting

In ons plek: Lydenstyd Oordenkings deur "Time of Grace"Voorbeeld

In Our Place: Lenten Devotions

DAG 3 VAN 14

Geseënd is die Koning



Geen land leef die prag en praal van koninklikheid beter uit as Brittanje nie. Elizabeth II het so lank geheers dat net ouer mense die laaste kroning in 1953 kon onthou. Tydens 'n kroning kom die nuwe koning in 'n koninklike optog aangery, agter die Hoof Verteenwoordiger van die Adelstand met St. Edward se soliede goue kroon. Later word die Goue Spore (gedateer 1189 n.C.), die koninklike handskoen, goue sfeer en goue staf aan hom toevertrou.



Hoe anders was Jesus se koninklike optog nie. Om die Olyfberg en Jerusalem binne. Sy rydier was 'n donkievul, 'n klein diertjie wat sy kop beswaarlik bo die skare kon uitlig. Tog het so baie mense in die skare Hom erken as koninklik, dat hulle begin uitroep het: "Loof die Koning, Hy wat in die Naam van die Here kom!" (Lukas 19:38). Die koninklike kleed wat op Hom gewag het, was 'n ou Romeinse soldatekleed; die staf wat aan Hom gegee is, was 'n dun riet; die kroon wat op sy kop gesit is, was nie van goud nie, maar van dorings.



Die bloed wat teen sy gesig afgeloop het van die dorings wat in sy kop steek, was beide die bloed van 'n mens én van God. Dus het dit die krag om los te koop en vry te maak. As 'n mens het Christus ons in God se hof verteenwoordig; as God kan Hy die ganse mensdom wat uit behoeftige sondaars bestaan, verteenwoordig. Deur sy wonde is ons genees.



Die Olyfberg het as nog 'n belangrike koninklike kroningsoptog gedien. Dit was van daardie presiese plek wat die opgestane Christus na die hemel opgevaar het. Sy nederigheid is nou vervang met heerlikheid; sy diensknegte is nou tien duisend maal tien duisende engele; sy teenwoordigheid en Gees vul die uitspansel; Hy heers oor alle dinge tot voordeel van sy broers en susters. Deur geloof is ons ook koninklikes. Hemelse koninklikes.
Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

In Our Place: Lenten Devotions

Hierdie leesplan sal jou deur die Lydenstyd neem en die ongelooflikste verhale vertel van die lyding, veroordeling en dood van Jesus Christus, in ons plek.

Ons wil "Time of Grace Ministry" graag bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.timeofgrace.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid