Leesplan inligting

In ons plek: Lydenstyd Oordenkings deur "Time of Grace"Voorbeeld

In Our Place: Lenten Devotions

DAG 1 VAN 14

Aswoensdag



Miskien het jy gedurende die week medewerkers van 'n aanbiddingsdiens sien kom met grys as op hulle voorkoppe gesmeer. Sommige Christenkerke gebruik nie net die term "Aswoensdag" om die begin van die Lydenstyd aan te dui nie, maar hulle sit letterlik as op die aanbidders as 'n herinnering aan ons sondes, ons sterflikheid en die verskriklike prys wat betaal moes word om ons te red.



Of jy as op jou voorkop het of nie, is dit toepaslik in hierdie tyd om met nederigheid, op jou knieë, na die Here te kom, wetende en erkennend hoe nodig jy 'n Verlosser het. "Ek is maar net stof en as ... ", het Abraham eenkeer gesê (Genesis 18:27) — en so is ons ook.



Ons is deur God geskep, leef in God se wêreld, onder God se wet en is onderwerp aan God se oordeel, wat ons in 'n slegte posisie plaas. Ons oorgeërfde sondige DNS maak ons skuldig in God se oë selfs voordat ons gebore is en elke dag voeg ons lustig nog sonde by ons hoop booshede. Die skuld wat ons dra, bring God se uitspraak: “Na stof sal jy terugkeer.” Slegter nog: “Jy sal hel toe gaan.”



Maar die Lydenstyd bring vir ons die wonderbare verhale van Jesus Christus wat in ons plek gely het, veroordeel is en gesterf het. Hy is die Lam van God wat die sondes van die wêreld weggeneem het. Hy is die Lam van God wat jou sonde, skuld en veroordeling weggeneem het. En die as.
Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

In Our Place: Lenten Devotions

Hierdie leesplan sal jou deur die Lydenstyd neem en die ongelooflikste verhale vertel van die lyding, veroordeling en dood van Jesus Christus, in ons plek.

Ons wil "Time of Grace Ministry" graag bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.timeofgrace.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid