Leesplan inligting

Die Wapenrusting Van GodVoorbeeld

Die Wapenrusting Van God

DAG 3 VAN 5

‘n Romeinse soldaat het “sy heupe omgord” met iets wat meer soos ‘n lyfband as ‘n belt gelyk het. (Al is ek seker dit was ‘n baie manlike lyfband.) Die meeste geleerdes stem saam dat hierdie lyfband – met sy ingewikkelde versierings en kunstige gespes - ‘n soldaat meer as enige ander stuk van sy klere, van gewone burgers onderskei het. 


Dit was nie sommer ‘n opsionele, onbelangrike bykomstigheid, die soort wat ek en jy dalk vandag by ‘n uitrusting sal voeg, nie. Dit was ‘n strategiese, uiters belangrike deel van sy wapenrusting. Dink aan daardie breë, ondersteunende rugstutte wat koeriermaatskappye se werkers om hulle middellywe vasbind wanneer hulle swaar pakkies moet dra. 


Die stewige leergordel van die Romeinse soldaat was só gemaak sodat dit reg rondom sy lyf gegaan en noodsaaklike ondersteuning gebied het terwyl hy die vinnige en veeleisende bewegings van gevegvoering moes uitvoer. 


Die waarheid is jou belangrikste ondersteuning. Dit voorsien aan jou die noodsaaklike rugsteun wat jy nodig het wanneer jy te midde van geestelike oorlogvoering is. 


Onthou, die vyand se heel belangrikste wapen is misleiding.  Hy kleur die werklikheid met aanloklike en betowerende kleure in en versoek ons om weg te draai van die wit-swart beginsels. Hy verkondig fantasieë en laat tydelike en onbelangrike dinge lyk asof dit van onskatbare waarde en tot ons voordeel is.  


Sy verpakking is so slim dat as ons nie weet wat die waarheid is nie–en ek bedoel, as ons nie regtig die waarheid ken, ten diepste ken nie – ons maklik die slagoffers van sy sluwe planne sal word. 


Waarheid – wat ons kan definieer as God se mening oor enige saak – is ons standaard. Waarheid is wie God is en wat God sê die waarheid is, en dit word die heel beste vir ons opgesom in die Persoon van Jesus Christus. God se waarheid. Bybelse waarheid. Sonder daadwerklike trou aan en instemming met hierdie waarheid – egte waarheid – is jy swak en kwesbaar vir alles wat reg lyk en reg klink, maar toe nie reg is nie. Met die standaard van God se waarheid in plek kan jy egter alle ander dinge in jou lewe daarvolgens aanpas – jou ambisie, keuses en gevoelens; jou gedagtes, wil en emosies – totdat alles reg “ingestem” is. Wanneer jy ‘n sterk, standvastige en goed ondersteunende kern het, kan die vyand jou nie maklik met sy slinkse leuens weglok nie. Omgord jou dan met die waarheid, en jy sal van die begin af waaksaam wees. 


Die ware toets kom wanneer die ideale en filosofieë van die samelewing in die teenoorgestelde rigting as dié van die waarheid swaai, en ons ten spyte daarvan kies om sterk en vas te bly staan by die onveranderlike standaard wat God gestel het. Die tyd het aangebreek vir ons om vroue te word wat met die waarheid omgord is. 

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Die Wapenrusting Van God

Daar woed elke dag, die hele dag lank, ’n onsigbare oorlog om vroue. Dit kan nie gesien of gehoor word nie, maar dit kan in elke aspek van ’n mens se lewe gevoel word. ’n Toegewyde, bose vyand wil chaos veroorsaak in all...

More

Ons wil graag Christelike Uitgewersmaatskappy bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://www.cumbooks.co.za

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid