Leesplan inligting

Die Wapenrusting Van GodVoorbeeld

Die Wapenrusting Van God

DAG 1 VAN 5

Die mees ontstellende dinge in jou lewe – dié dinge wat jy met jou vyf sintuie waarneem – is nie jou grootste uitdagings nie. Alles wat in die sigbare, fisiese wêreld gebeur, is direk verbind aan die stryd wat in die onsigbare, geestelike wêreld gevoer word. Jou ware vyand – die duiwel – wil hê jy moet die geestelike werklikheid agter jou sigbare werklikheid ignoreer.  Solank jou aandag gevestig is op wat jy met jou oë kan sien, kan hy ongesiens voortgaan om verwoesting in jou lewe te saai. Hoe meer jy hom geringskat, hoe meer skade kan hy in jou lewe aanrig. Jou vyand is dalk onsigbaar, maar hy is nie denkbeeldig nie. Hy is baie werklik, baie knaend en hy maak onophoudelik oorlog teen ons.  


Die feit dat jy ’n gelowige is, stel jou nie vry van die aanvalle van die vyand nie. Dit gee egter wel vir jou toegang tot die krag van die Vader – tot Sy krag om jou te beskerm én om te keer wat reeds aan jou gedoen is. As jy die stryd wil wen – as jy by my wil aansluit en die draaiboek wil verander, die vyand wil vaspen en sy invloed op jou lewe wil dwarsboom – is dít die geheim om te ontdek: Jy het toegang tot meer geestelike krag as dié wat teen jou ingespan word. 


Paulus het Efesiërs nie net geskryf om die aandag te vestig op die geestelike oorlog wat in die onsigbare ryk gevoer word nie, maar hoofsaaklik om gelowiges se oë oop te maak vir die krag wat in elkeen is wat deur Christus in ’n verhouding met God staan. In Efesiërs beklemtoon Paulus een van die belangrikste, maar tog oorgesiende aspekte van ons geestelike wapenrusting: gebed. 


Vir Paulus was gebed so belangrike voorskrif van hoe om die oorwinning oor Satan se mag in ons lewe te behaal dat een geleerde dit soos volg saamgevat het: Proporsioneel het Efesiërs 55% meer verse wat direk op gebed betrekking het as Romeine – Paulus se langste brief. Soos ons sal sien, begin Paulus in Efesiërs verskeie kere selfs spontaan bid. En wanneer Paulus bid … sjoe! Hy is strategies. Hy maak seker hy sê vir sy lesers presies waarvoor hy bid. Hy het beslis geweet gebed kan die koers van hulle hele lewe verander. Oorwinning in geestelike oorlogvoering kan geensins van gebed losgemaak word nie. 


Lees Efesiërs 1: 18-21 en 3: 14-19. Van al die dinge wat Paulus bid, wat het jy die meeste nodig om vandag van God te vra? 

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Die Wapenrusting Van God

Daar woed elke dag, die hele dag lank, ’n onsigbare oorlog om vroue. Dit kan nie gesien of gehoor word nie, maar dit kan in elke aspek van ’n mens se lewe gevoel word. ’n Toegewyde, bose vyand wil chaos veroorsaak in all...

More

Ons wil graag Christelike Uitgewersmaatskappy bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://www.cumbooks.co.za

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid