Leesplan inligting

Begin Hier | Eerste Treë Saam Met JesusVoorbeeld

Start Here | First Steps With Jesus

DAG 5 VAN 15

Markus 8-9 | Wie Jesus Is

Vandag bring Markus 8 ons by die kern van die Christendom. Ons het nou al vir 'n rukkie vir Jesus en sy dissipels gevolg. Hulle het wonderwerke gesien, sy deernis gevoel en Hom hoor preek. Nou is dit tyd om 'n besluit te neem. Daar is twee sleutelvrae: Wie is Jesus? En wat kos dit om hom te volg?

Ons begin in vers 27:

"Daarna het Jesus en sy dissipels na die dorpies naby Sesarea-Filippi gegaan. Langs die pad het Hy vir die dissipels gevra: 'Wie, sê die mense, is Ek?'"

'n Eenvoudige vraag. Dit is eintlik waar ons almal begin as ons wil begin uitredeneer wat ons glo. Ons begin by dit wat ons by ander gehoor het. Die dissipels gee 'n paar antwoorde wat hulle gehoor het: Sommige sê Jesus is Johannes die Doper, of Elia, of 'n profeet. 

Deesdae het mense baie opinies oor wie Jesus is. Moslems eer Jesus as 'n groot profeet of Allah — sondeloos en gebore uit 'n maagd. Die Jode het verskillende opinies oor Jesus — sommige sien 'n goeie rabbi, anders sien 'n ketter, terwyl ander die Messias sien. Baie Hindoes respekteer Jesus as 'n ghoeroe vir die Jode, terwyl Boeddhiste Jesus as 'n verligte wese beskou. Daar is dus baie idees oor Jesus — die meeste daarvan is positief. In vers 29 roer Jesus die saak verder aan:

"'Maar julle,' vra Hy hulle, 'wie, sê julle, is Ek?'"

Dit is die vraag wat saak maak. Vir geloof om enige iets te beteken, moet dit persoonlik wees. Dis nie genoeg om te weet wat ander sê nie. Dit moet van jou af kom: Wie sê jy is Jesus?

Dis tyd om te besluit, en Petrus maak syne:

"Petrus antwoord Hom: 'U is die Christus! [Messias]'"

Dit is 'n groot oomblik. Messias beteken "gesalfde". Hy is God se gekose een om sy beloftes te vervul en sy groot plan van redding te voltooi. In ons volgende reis sal ons verder delf in God se beloftes en profesieë. Vir eers moet ons verstaan dat Petrus se verklaring die hoeksteen van geloof is. Ons wandel met God begin met wie ons sê wie Jesus is. 


In vers 31 leer Jesus hulle dat die Messias ... 

"... baie moet ly, dat Hy deur die familiehoofde en die priesterhoofde en die skrifgeleerdes verwerp moet word."

Jesus wil nie hê hulle moet verras wees as God se gekose een deur die skynheilige leiers verwerp word ... 

"... en doodgemaak moet word, en drie dae later moet opstaan [nie]."

Jesus speel oop kaarte. Hy sal doodgemaak word en weer opstaan. Dis al vir eeue lank in Jesaja 53, Psalms 22 en Sagaria 12 geprofeteer. Dit is God se plan. Die kruis kom. 

Interessant genoeg is dit die kruis wat Jesus skei van wat ander oor Hom te sê het. Moslems verwerp die kruisverhaal; Hindoes praat van Jesus wat heengaan na vredevolle samadhi en vir Boeddhiste, wat nie in sonde glo nie, is die kruis eenvoudig wreed.


Petrus het eers 'n soortgelyke reaksie. Hy neem Jesus eenkant om Hom te berispe. Jesus berispe egter vir Petrus omdat hy soos 'n mens dink en die dinge van God ignoreer. Die mens se denke sou die goeie ouens van lyding verlos en die slegte ouens laat kry wat hulle verdien. Nie Jesus nie. Jesus het regverdig gelewe, en 'n sondaarsdood aanvaar. Hy het ons plek ingeneem. 

In vers 34 verduidelik Jesus dan wat dit beteken om 'n dissipel te wees. Lees nou aandagtig:

"As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, sy kruis opneem en My volg."

Memoriseer hierdie vers as jy Jesus wil volg. Dit is wat dit kos. Om Jesus te volg moet jy:

Jouself verloën: Jy kan jouself nie red nie, jy kan nie goed genoeg wees nie. Jy het Jesus nodig.

Neem jou kruis op: Elke Christen dra 'n las, 'n opoffering. Die lewe sal jou nie regverdig behandel nie.


En volg Jesus: Waar Jesus lei, moet jy volg.


Om Jesus te volg is meer as net geloof, net soos die huwelik meer as net 'n gevoel is. Dis 'n aanhoudende toewyding, 'n verbond in sy bloed. Vers 35:

"... want wie sy lewe vir homself wil behou, sal dit verloor; maar wie sy lewe vir My en die evangelie verloor, sal dit behou. Wat help dit 'n mens tog om die hele wêreld as wins te verkry en sy lewe te verloor? Wat sal 'n mens kan gee in ruil vir sy lewe?"

Ek hou baie van hierdie vers. Weet jy wat Jesus hier sê? Hy sê dat jou siel meer werd is as die hele wêreld. Los dus die wêreld en hou vas aan Jesus. Vir Jesus is jou siel werd om voor te sterf. Wat is dit vir jou werd?

Ek het 'n klomp jare in my eie lewe vermors deur tevrede te wees om geloof aan ander mense oor te laat. "Hulle glo dit en dat." Daar het egter 'n dag gekom toe ek 'n besluit moes neem — vir my eie geloof. Daar is 'n groot verskil tussen geloof in die huwelik en om getroud te wees. En daar is 'n groot verskil tussen geloof in iets omtrent Jesus en om Jesus te volg. Die verskil is toewyding en opoffering. Die lank en die kort is: jou lewe is die verskil. En dit is elke sekonde werd. 


Lees Markus 8 en beantwoord vandag se vrae. Wie sê jy is Jesus en is jy gereed om Hom te volg?

Vir Oordenking en Bespreking:

  • Wie sê jy is Jesus?
  • Wat sal jou oorreed om Jesus te volg? Skryf vers 34 in jou eie woorde vir jou lewe.
  • Is dit die prys werd om Jesus te volg? Skryf verse 35-36 in jou eie woorde vir jou lewe.
Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Start Here | First Steps With Jesus

As jy onlangs tot bekering gekom het, nie die Bybel ken nie, of 'n vriend help — Begin Hier. Vir die volgende 15 dae sal hierdie 5-minute klankgidse jou stap-vir-stap deur twee fundamentele Bybelboeke neem: Markus en Kol...

More

Ons sê baie dankie aan "Through The Word" wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek asseblief http://throughtheword.org vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid