Leesplan inligting

Begin Hier | Eerste Treë Saam Met JesusVoorbeeld

Start Here | First Steps With Jesus

DAG 3 VAN 15

Markus 4-5 | Goeie Saad en Goeie Grond

Jesus is 'n buitengewone verteller van verhale. In Markus 4 en 5 vertel Jesus gelykenisse — verhale wat 'n les leer. Jesus se eerste gelykenis help ons om twee noodsaaklike vrae te beantwoord: wat is die Bybel en hoekom moet ons dit lees?


Kom ons begin by Markus 4 vers 3:


"'Luister hier! 'n Saaier het eendag gaan saai. Met die saai het 'n deel van die saad op die pad geval, en die voëls het gekom en dit opgepik. 'n Ander deel daarvan het op 'n klipbank geval, waar daar nie baie grond was nie. Dit het gou opgekom, omdat die grond nie diep was nie. Maar toe die son warm word, is dit verskroei, en omdat dit nie wortel geskiet het nie, het dit verdroog. 'n Ander deel het tussen die onkruid geval. Die onkruid het opgekom en dit laat verstik, en dit het nie saad geskiet nie. Die ander saad het in goeie grond geval, en dit het opgekom, gegroei en 'n oes gelewer. Party het dertigvoudig gedra, ander sestig- en nog ander honderdvoudig.'
Verder het Hy gesê: 'Wie ore het en kan hoor, moet luister!'";

Dit is dus 'n plaasverhaal. 'n Boer plant saad; sommige groei en ander nie, afhangende van die grond. Nie baie opspraakwekkend nie, maar Jesus gee vir ons die sleutel van hierdie gelykenis in vers 14:

"Die boer saai die woord." 

In Lukas 8 sê Jesus: 

"Die saad is die Woord van God."  (Lukas 8:11)

Jesus vergelyk dus die Woord van God met 'n saad. Dink bietjie na oor saad. Dis nie juis iets om te aanskou nie. Die vrugte is meer interessant. Die saad binne-in, daardie onbeduidende klein spikkeltjie, het al die genetika wat nodig is om 'n bos, 'n plant of 'n boom voort te bring — van die wortel tot by die takke, tot by die vrugte — en dit alles uit die grond uit. 'n Saad is wonderlik: jy begrawe dit en dit bring lewe voort. 


Jesus sê vir ons: die Woord van God is 'n saad. Dit lyk dalk nie na veel nie, maar die bloudruk van lewe is daarin. Al wat dit nodig het, is goeie grond.

Die Bybel is meer as 'n boek. Daar is in der waarheid 66 boeke. Nog meer as dit; die Bybel is die Woord van God. 2 Timoteus sê:"

"Alle Skrif is deur God geïnspireer" (2Timoteus 3:16). 

Dit beteken dat die Bybel beweer dat dit die Woord van God is. 

As die Woord dan 'n saad is, wat is die grond? Dit bring ons weer terug na die gelykenis.


Jesus verduidelik dat die grond die persone is wat die woord hoor. Die grond is jy en ek. Dit is ons harte, en daar is vier soorte — vier verskillende soort harte wat die Woord van God hoor.

Sommige harte is kliphard. Die Woord val daarop, maar gaan nie in nie. Ander harte is soos klipperige grond. Daar is 'n bietjie los grond, en die saad groei 'n klein bietjie, maar die wortels gaan nie diep af nie. As probleme kom, hou hulle op glo. Dan is sommige harte soos grond met dorings en onkruid, so vasgevang in die plesier en bekommernisse van die lewe, dat daar nie ruimte vir geloof is om te groei nie. Dan is daar sommige harte wat … Ja, het jy al ooit 'n stuk grond gesien wat in 'n tuin omskep is? Asemrowend.


Hoe kan jy egter seker maak dat jou hart die soort is wat groei? Om uit te vind, lees Markus 4. Onthou net, die krag is in God se woorde, nie in my woorde nie. Ek is hier om jou aan die gang te kry, maar my uiteindelike doel is dat jy die Bybel sal oopmaak en dit self lees. 


Ek vertrou dat jy 'n gesonde Bybelgewoonte sal kweek. Dit is 'n noodsaaklikheid vir 'n volgeling van Jesus. Lees die Bybel elke dag. Plant goeie saad in goeie grond en bring goeie vrugte voort.


Lees nou Markus 4 en 5 en dink na oor watter soort grond jy wil wees. As jy tyd het, lees die volle hoofstukke en volg Jesus se wonderlike verhale. Sien hoe Hy met 'n storm praat en dit stil maak, hoe Hy duiwels uitdryf, siekes genees en selfs die dooies opwek. En dit alles gebeur deur die krag van sy  woord. As Jesus se woorde dit alles kan doen, verbeel jou net wat dit in jou lewe kan doen. Al wat jy nodig het is — goeie grond. 

Vir Oordenking en Bespreking:

  • Hoekom dink jy stel Jesus die Woord van God as 'n saad voor? In watter opsigte is hulle eenders?
  • As die grond jou hart voorstel, wat kan jy doen om seker te maak dat die Woord in goeie grond geplant word en dat daar genoeg ruimte is om te groei en vrug te dra?
  • Hoe het jy gesien dat die Woord van God jou, en die mense in jou lewe, beïnvloed? Deel jou verhaal.
Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Start Here | First Steps With Jesus

As jy onlangs tot bekering gekom het, nie die Bybel ken nie, of 'n vriend help — Begin Hier. Vir die volgende 15 dae sal hierdie 5-minute klankgidse jou stap-vir-stap deur twee fundamentele Bybelboeke neem: Markus en Kol...

More

Ons sê baie dankie aan "Through The Word" wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek asseblief http://throughtheword.org vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid