Rick Warren se Daaglikse OordenkingsVoorbeeld

Nalatenskap: Leiding
Kinders het 'n ernstige behoefte aan leiding van volwassenes. Hulle het leiding en bystand nodig van ons wat al 'n ent gestap het op ons lewenspad hier op aarde.
Wanneer jy deur die Drakensberge stap, is dit baie makliker, minder gevaarlik en meer vervullend wanneer jy dit saam met 'n ervare gids doen. Hy sal jou interessante plekke wys waarvan jy nie weet nie en hy sal ook die moeilike en gevaarlike plekke op die roete uitwys. Dit is wat elke kind nodig het.
Dit is ook belangrik dat kinders leer uit foute wat jy in die verlede gemaak het en die pyn wat jy daardeur ervaar het. Dit is waar dat hulle uit hulle eie ondervinding kan leer, maar hulle kan 'n klomp onnodige pyn vermy deur uit jou ondervindings te leer. Dit is vinniger en wyser om deur ander se foute te leer. God wil nie hê dat die ondervinding en seerkry wat ons opgedoen het deur ons foute, verlore moet gaan nie. Hy wil hê dat ons dit moet gebruik om ander te help. Wanneer jy iemand sien wat op 'n pad is en jy weet uit persoonlike ervaring dat dit 'n doodloopstraat is, stop hom/haar! Dit is die liefdevolle ding om te doen.
Selfs al is jy nie 'n ouer nie, het kinders jou in hulle lewens nodig en jy het hulle nodig! Kinders leer ons om aan ander te dink en minder selfsugtig te wees. Jy kan hulle leer, maar hulle gaan jou op hulle onskuldige manier ook baie dinge leer waarvan jy nie geweet het nie. Byvoorbeeld, jy kan hulle leer van selfbeheersing, maar hulle kan jou leer om meer spontaan en kreatief te wees. Is daar kinders in jou lewe wat jy help?
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Weet jy waarvoor God jou geskep het? Weet jy wat God se doel vir jou lewe is? Indien jy nie die antwoorde op hierdie vrae ken nie, mag jy dalk die volgende 10 jaar van jou lewe net bestaan, in plaas daarvan om 'n dekade van geestelike groei te beleef waar dit vir jou moontlik sal wees om te doen waarvoor God jou geroep het. Rick Warren se oordenkings sal jou help om te groei in die areas waar God wil hê jy moet groei: geestelik, finansieel, emosioneel, menseverhoudinge en fisiek. Hulle bied praktiese stappe om God se doelwitte vir jou te bereik, terwyl jy Jesus na jou lotsbestemming volg.
More