Leesplan inligting

Verspotte Liefde met Francis ChanVoorbeeld

Crazy Love With Francis Chan

DAG 3 VAN 7

"Verspotte Liefde"


As jy enigsins al tyd in 'n kerk deurgebring het, sal jy al die uitdrukking op een of ander manier gehoor het — die idee dat God ons liefhet. Die probleem wat ek hiermee gehad het, was dat dit 'n begrip was wat vir my geleer is en nie iets wat ek spesifiek geweet het of dit waar is nie. Jare lank het ek die "idee" van God se liefde in my kop gedra, die regte antwoorde op vrae gehad, maar dit nie ten volle in my hart ervaar nie.


Ek dink nie ek is die enigste persoon wat God se liefde misverstaan nie. Die meeste mense, tot 'n mindere of meerdere mate, vind dit moeilik om die konsep van God se oneindige liefde vir ons te verstaan, te glo en te aanvaar.


Gelukkig het my verhouding met God 'n groot verandering ondergaan toe ek 'n pa geword het. Na my oudste dogter se geboorte het ek agtergekom hoe verkeerd my gedagtes oor God was. Vir die eerste keer het ek begin ervaar wat God moontlik vir my voel. Ek het dikwels aan my dogter gedink. Ek het vir haar gebid terwyl sy slaap. Ek het haar foto aan almal gewys. Ek wou vir haar die wêreld gee.


My liefde vir my kinders en my begeerte dat hulle my sal liefhê, het my laat insien hoe lief God ons het en hoe Hy begeer dat ons hom sal liefhê. Die maniere waarop my dogter vir my wys dat sy my liefhet en haar begeerte om by my te wees, is die wonderlikste ding op aarde. Niks kan daarmee vergelyk word nie.


Hierdie ervaring het my gehelp om te verstaan dat my begeerte vir my kinders se liefde maar net 'n dowwe beeld is van God se groot liefde vir my en elke ander persoon wat hy geskape het. Ek is maar net 'n sondige, aardse vader wat my kinders baie liefhet. Hoe is dit moontlik dat ek nie 'n volmaakte hemelse Vader kan vertrou wat my oneindig meer liefhet as wat ek ooit my kinders sal liefhê nie?


*Glo jy in God se groot liefde vir jou as persoon? Wat kan jy doen om hierdie kennis van jou kop na jou hart oor te dra?


Kyk nou na hierdie video en dink na oor die gedagtes wat bespreek is:


* Kyk na hierdie video met Afrikaanse onderskrifte deur "Watch on YouTube" te klik, dan op "YouTube Settings, Subtitles" en kies Afrikaans.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Crazy Love With Francis Chan

Geneem uit die New York Times se Topverkoper boek "Crazy Love". Francis Chan delf diep in God se wonderbare, heerlike, onbeskryflike liefde vir ons, en hoe ons gepaste reaksie op so 'n liefde moet lyk. Hy hou egter nie d...

More

Ons sê dankie vir David C Cook wat hierdie plan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.dccpromo.com/crazy_love/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid