Leesplan inligting

Verspotte Liefde met Francis ChanVoorbeeld

Crazy Love With Francis Chan

DAG 1 VAN 7

“Hou op bid”

Wat daarvan as ek sê: “Hou op om te bid”? Wat sou gebeur as ek jou vra om op te hou om met God te praat en Hom eerder vir 'n tyd lank bestudeer voor jy weer met Hom praat? Salomo het ons gewaarsku om nie in God se teenwoordigheid in te jaag met woorde nie. Dit is wat dwase doen. En dit is wat ons ook dikwels doen.

Die wyse man kom na God toe sonder om iets te sê en staan in verwondering in sy teenwoordigheid. Dit lyk hopeloos om na 'n onsienlike God te staar, maar Romeine 1:20 sê dat ons God se “onsienlike kwaliteite” en “ goddlike natuur”, deur sy skepping kan sien.

Kom ons begin hierdie leesplan deur in stilte na God te staar. Kyk na hierdie video.

Woordeloos? Verwonderd? Nederig?

Toe ek die eerste keer hierdie beelde gesien het, moes ek God aanbid. Ek wou nie praat of dit met enige iemand deel nie. Ek wou net stil sit en my Skepper bewonder.

R. C. Sproul skryf: “Die mens is nie eintlik bewus van sy nietigheid totdat hy homself met die majesteit van God vergelyk het nie.”

*Hoe lank gelede het jy net sit en nadink oor die grootheid en majesteit van God? Hoe kan jy hierdie oefening 'n deel van jou daaglikse lewe maak?

Kyk nou na hierdie video en dink na oor die punte wat gemaak word:

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Crazy Love With Francis Chan

Geneem uit die New York Times se Topverkoper boek "Crazy Love". Francis Chan delf diep in God se wonderbare, heerlike, onbeskryflike liefde vir ons, en hoe ons gepaste reaksie op so 'n liefde moet lyk. Hy hou egter nie d...

More

Ons sê dankie vir David C Cook wat hierdie plan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.dccpromo.com/crazy_love/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid