Leesplan inligting

Liefde sonder vooroordeelVoorbeeld

Liefde sonder vooroordeel

DAG 19 VAN 27

Lees: Johannes 3:17, Lukas 19:10

SOAP: Johannes 3:17

Daar is niks erger as om verlore te wees en nie daarvan bewus te wees nie. Ek was vir 26 jaar van my lewe verlore en ek het dit nie geweet nie. Ek het die perfekte lewe gehad in die oë van die wêreld, maar ek het met 'n tas in my hand geleef. Wanneer ek myself in 'n plek gevestig en uitgepak het, 'n nuwe werk gekry het, 'n nuwe huis, nuwe vriende … het die leemte in my hart steeds so groot gebly dat ek weer moes aanbeweeg, op soek na iets wat dit sou vul. Die oomblik toe God daardie leemte gevul het, het alles begin sin maak.

Die Seun van die mens het gekom om te soek en te red wat verlore is. Die Seun van die mens het gekom om my te soek en te red, om jou te soek en te red. En Hy is steeds op soek na die verlorenes en die siekes, na alle mense wat onbewus is van hulle behoefte.

Wie ken jy wat steeds verlore is? Van wie weet jy wat steeds siek is? Jona is beveel om na Ninevé te gaan en te preek om die inwoners die geleentheid te bied om gered te word. Ons word beveel om die wêreld in te gaan en die Evangelie van Jesus Christus aan almal te verkondig. Vir die meerderheid van Christene beteken dit dat jy na jou buurman moet gaan, jou kind se onderwyser, die meisie by die gimnasium, die vrou by die kruidenierswarewinkel. Hulle is verlore en jy het die kaart. Hulle is siek en jy het die geneesmiddel.

Hemelse Vader, dankie dat U na hierdie wêreld gekom het om my te red. Ek sien so baie mense rondom my wat U nie ken nie en wat nie eens besef dat hulle verlore gaan sonder U nie! Gee my asb die woorde wat ek oor U moet deel. Mag u Heilige Gees in hulle harte werk om hulle in 'n verhouding met U te bring. Amen

Dag 18Dag 20

Aangaande hierdie leesplan

Liefde sonder vooroordeel

Die boek van Jona is nie net 'n verhaal van 'n barmhartige God en 'n opstandige nasie nie, maar 'n barmhartige God en sy ongehoorsame kind. Mag jy bemoedig word soos jy hierdie kragtige verhaal van God se eindelose genad...

More

Ons wil graag Liefde God bedank vir dankie vir hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus:
http://liefgodgrootliks.wordpress.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid