Leesplan inligting

Liefde sonder vooroordeelVoorbeeld

Liefde sonder vooroordeel

DAG 24 VAN 27

Lees: Jona 4: 5-9

SOAP: Psalm 116:5, Psalm 103:10

Ek hou van hoe God wys wat lankmoedigheid is wanneer hy met Jona en sy toorn handel. In plaas daarvan om vir hom te preek, berei Hy 'n voorwerples voor om die profeet te help verstaan ​​wat gebeur het.

Vir die tweede keer het Jona sy bedieningsplek verlaat en God se wil bevraagteken. Hy kon die Nineviete so baie geleer het oor die ware God van Israel, maar hy het verkies om sy eie pad te gaan. Hy het sy seëninge gemis!

Hier sien ons vir Jona buite die stad, hy wil sien of die bekering van die inwoners van Ninevé nie genoeg was om vernietiging te vermy nie. Hy het gewag vir iets om te gebeur. En terwyl hy daar was het God, in die son, 'n plant voorberei om vir Jona skuiling te bied terwyl hy gewag het, in die hoop dat die stad vernietig sou word.

Jona was "'n dubbelhartige man, onstabiel in al sy weë." (Jakobus 1:8 NKJV). Een oomblik preek hy God se Woord, maar die volgende oomblik is hy ongehoorsaam daaraan en vlug van sy verantwoordelikhede. Terwyl hy binne-in die groot vis was, het hy gebid dat die Here hom moet red, maar nou vra hy die Here om hom dood te maak. Hy het die stad opgeroep tot bekering, maar hy wou self nie bekeer nie! Hy was meer bekommerd oor stoflike genietinge as wat hy was daaroor om verlore siele te wen." - Wiersbe, Warren - Be Amazed.

Het jy al ooit gewonder wat jou gelukkig maak? Wat maak jou kwaad? Voel jy goed wanneer God goeie dinge vir jou en net vir jou maak? Jona se probleem was dat hy probeer het om dinge te doen volgens sy eie wil in plaas daarvan om God se wil te volg. Wanneer ons God se wil ignoreer, sal ons nooit gelukkig wees nie.

Hemelse Vader, help my om te onthou dat U nie met my handel ooreenkomstig my sondes nie, en U vergeld my nie vir my ongeregtighede nie. Selfs wanneer ek my lewe weg van U wil geniet, vind U altyd 'n liefdevolle en barmhartige manier om my terug te bring. Ek loof U vir u genade. Amen.

Dag 23Dag 25

Aangaande hierdie leesplan

Liefde sonder vooroordeel

Die boek van Jona is nie net 'n verhaal van 'n barmhartige God en 'n opstandige nasie nie, maar 'n barmhartige God en sy ongehoorsame kind. Mag jy bemoedig word soos jy hierdie kragtige verhaal van God se eindelose genad...

More

Ons wil graag Liefde God bedank vir dankie vir hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus:
http://liefgodgrootliks.wordpress.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid