Leesplan inligting

Treur met OorgaweVoorbeeld

Grieving Well

DAG 5 VAN 6

Wanneer jy jouself met ander mense vergelyk terwyl jy hulle te midde van hul eie tragedie dophou of jy neem waar hoe hulle treur, mag jy dalk dink: "Ek het nie genoeg geloof nie." Van dit wat in jou routydperk gebeur, het te doen met jou eie godsdienstige benadering, geloof, begrip, kennis en wysheid. Dit het egter ook te doen met jou persoonlikheid. Afhangende van al hierdie dinge, sal jy jou droefheid beter of swakker as ander hanteer. 



Hoeveel het jou eie persoonlikheid en ervaring dus te doen met jou vermoë om jou droefheid goed te hanteer?



Dalk is dit 'n kombinasie van dinge. Mense het verskillende emosies. Hulle reageer verskillend op verskillende omstandighede. God het sommige van ons geskep om emosioneel meer sensitief vir tragedie en swaarkry te wees, wat beteken hierdie mense treur meer intens en langer as ander. Ander herstel vinniger van die rouproses omdat hulle meer gedrewe en flegmaties is. Dit kom egter daarop neer dat God ons almal verskillend geskep het en dit is dus vanselfsprekend om aan te neem dat sommige die rouproses moeiliker as ander sal vind.



Onthou egter wat geloof is. Dit is nie 'n gevoel nie. Geloof word in jou dade sigbaar (Jakobus 2:17). Die meeste mense het meer geloof as wat hulle dink hulle het, maar hul emosies benewel of dit geloof is of nie. Wees dus versigtig om nie die twee te verwar nie, want soms kom hulle saam voor en ander kere nie. Soms moet jy God selfs in die donker vertrou. Al is dit pikswart om jou, moet jy soos Paulus en Silas maak. Jy moet God teen middernag loof wanneer jy in die kettings van jou pyn is. 'n Manier om jou geloof te beoefen, is om Hom te midde van jou pyn te loof. Jy voel dalk nie lus om Hom te loof en prys nie; jou lofprysing hoef ook nie met glimlagte en geluk gepaard te gaan nie, maar jy kan jouself dwing om God te loof deur sy beheer, wysheid en krag te bevestig, selfs te midde van verlies. 



GEBED: Here, dit is nie maklik om U op te soek wanneer ek in pyn is nie. Ek wil eintlik net opkrul en handdoek ingooi. Ek het U dus nodiger as ooit; ek het u vertroosting nodig. Ek het u insig nodig sodat ek sin kan maak van hierdie donker plek waarin ek myself bevind. Stuur my u Gees as 'n Trooster sodat ek my pyn as 'n kind van God se koninkryk kan hanteer. In die Naam van Christus, amen. 




Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Grieving Well

Om te treur is 'n natuurlike deel van die lewe. Wanneer jy 'n geliefde verloor, kan die rouproses maar moeilik wees. Deur hierdie leesplan, praat Tony Evans vanuit sy hart oor die onlangse, skielike verlies van sy suster...

More

Ons wil graag The Urban Alternative (Tony Evans) bedank wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek: https://www.youtube.com/watch?v=Y9JBd0xqBGQ

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid