Leesplan inligting

Treur met OorgaweVoorbeeld

Grieving Well

DAG 4 VAN 6

Droefheid oorval ons elkeen op verskillende maniere. Nie almal treur dieselfde nie en sommige treur langer as ander. Ander kom weer nie by die hoop uit wat God bied, sonder om eers deur 'n donker vallei te gaan nie. Daar is ook sommige wat 'n houding van woede inneem oor iets wat toegelaat is om in hulle lewe te gebeur. Jy is egter nie alleen nie.



Jy sê dalk: "Dit is nie regverdig nie" of "Ek is kwaad". Eerstens, God laat woede toe. Jy hoef nie skuldig te voel om vir God kwaad te wees nie. In die eerste drie hoofstukke van Habakuk is die woorde van 'n gefrustreerde, kwaai man. "Hoe lank moet ek om hulp roep voordat U hoor, Here?" Ek vra net dat jy jou woede met respek uitdruk. God weet reeds hoe jy voel, dus sal dit nie verdwyn as jy dit probeer wegsteek nie.



Jy moet ook die regte godsdienstige benadering tot die dood hê as jy ten diepste wil rou. By "ten diepste" bedoel ek jy moet so treur dat jy die oorledene eer terwyl jy jouself en hulle om jou toelaat om te genees en aan te beweeg. Indien jy nie die regte godsdienstige benadering tot die dood het nie, sal jou siening van die dood slegs negatief wees. Tog in God se empatie, maak Hy 'n verstommende stelling. 



Hy sê: "Vir die Here is die dood van sy troue dienaars geen geringe saak nie" (Psalm 116:15).



Paulus sê ook in Filippense 1:23: "Ek is in 'n tweestryd: ek verlang daarna om heen te gaan en met Christus te wees, want dit is verreweg die beste ..." Jy moet dus 'n ewige perspektief hê. As ons dit in gedagte hou terwyl ons onsself in eerlikheid teenoor God uitdruk, behou ons die regte perspektief in ons pyn en trane.



GEBED: Vader, ek glo dat U my beste belange op die hart dra, selfs te midde van hierdie tragiese verlies. Al verstaan ek nie waarom U hierdie verlies toegelaat het nie, verbind ek myself tot U en u volmaakte wil. Vul my met u wysheid, sodat ek beter op my verlies kan reageer en bo my pyn kan uitstyg tot by 'n plek van genesing en herstel. In die Naam van Christus, amen.




Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Grieving Well

Om te treur is 'n natuurlike deel van die lewe. Wanneer jy 'n geliefde verloor, kan die rouproses maar moeilik wees. Deur hierdie leesplan, praat Tony Evans vanuit sy hart oor die onlangse, skielike verlies van sy suster...

More

Ons wil graag The Urban Alternative (Tony Evans) bedank wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek: https://www.youtube.com/watch?v=Y9JBd0xqBGQ

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid