Craig & Amy Groechel se Van Hierdie Dag Vorentoe

Bybeldagboek
"Van Hierdie Dag Vorentoe"

Of jy nou getroud is of nie, het jy al ooit lugkastele gebou oor hoe jou huwelik mag lyk? Watter tipe persoon sal jou wederhelfte wees? Watter soort verhouding sal julle saam hê? Selfs of julle kinders sal hê en waar julle sal bly? Dink nou aan die lewe wat jy vandag het. Wanneer ons werklikhede nie ooreenkom met jou drome nie, wat kan ons daaraan doen?

Huweliksbeloftes sluit gewoonlik frases soos "ten goede of ten slegte , in rykdom of in armoede, tydens siekte en in gesondheid" in. Verhoudings bevat al daardie dinge. Maak nie saak watter omstandighede, keuses, tekortkominge, of verrassings ons in 'n minder-as-ideale hede geplaas het, ons kan nie na die verlede kyk om dit beter te maak nie. Ons kan ons net daartoe verbind om nou 'n beter toekoms te begin "van hierdie dag vorentoe"

As dit maklik was om 'n huwelik van jou drome te hê, sou jy dit al klaar gehad het, of hoe? As jy nie die krag het nie, sal jy moet leer om op Christus se krag, wat altyd genoeg is, staat te maak. En selfs as jy voel dat jy geen liefde meer oor het nie, kan jy op Sy liefde staat maak. Sy liefde is oneindig.

Kom ons bid saam: Dankie Here, dat elke dag 'n geskenk van U is. Dankie vir die kans vir nog 'n vars begin. Help ons om te vergewe en ons van die verlede los te maak. Help ons asseblief om vandag U krag in ons swakheid te sien, en weer môre en elke dag daarna. In Jesus se Naam, amen.