21 Dae van Vas en Gebed LeesplanVoorbeeld

Daar is niks soos vas wat jou herinner aan jou swakheid nie maar daar is ook niks soos vas wat jou herinner waar jou krag waarlik vandaan kom nie. Die Psalmis verwys ons na die ware bron van ons krag wanneer hy in Psalm 62:12 (AFR83) verklaar:
"Een ding het ek God hoor sê, nee, twee: dat net God mag het ...."
Soms lewe ons almal onder die illusie dat ons kan hanteer wat ook al na ons kant toe kom maar tydperke van vas herinner ons dat net deur afhanklikheid van God kan ons eerlikwaar oorwin. In Johannes 15:5 het Jesus gesê: "... sonder My kan julle niks doen nie." Die Apostel Paulus herinner ons dat ons enige iets kan doen deur Christus wat ons die krag gee!
God het al die krag wat jy nodig het en as jy Hom soek sal jy sy krag sien vloei in jou lewe in 'n nuwe dinamiese manier. Terwyl jy aangaan met die vas wees bemoedig dat al voel jy swak, Hy besig is om jou sterker te maak.
Aangaande hierdie leesplan

Die James River Church 21 Dae van Vas en Gebed leesplan is ontwerp om jou te bemoedig en te versterk terwyl jy tyd toewy om 'n nouer pad met die Here te loop. Die leesplan bevat kort oordenkings en Skrifgedeeltes vir elke dag. Ons weet dat wanneer jy tyd deurbring om te vas en te bid, jy sal sien dat God meer doen as wat jy kan vra of jou kan voorstel!
More
Verwante Leesplanne

Gewaagde Gebede

7 Gebede Vir Onverskrokke Krygers

Onderskei en Oorkom Alledaagse Versoekings

Een lewe: 'n Studie van integriteit in Hebreërs

Stormsterk geloof

God wat Wondere Doen: Niks is vir God Onmoontlik nie

DIE WAGKAMER

Oorkom die Strik van Selfbejammering

Daaglikse Bemoediging vir Vroue
