21 Dae van Vas en Gebed LeesplanVoorbeeld

21 Days Of Fasting And Prayer Devotional

DAG 1 VAN 21

Met die aanvang van 21 Dae van Vas en Gebed, wil ek jou aanmoedig om saam met my aan die volgende 21 dae te dink as méér as net om sonder kos te gaan of 'n geestelike geveg te voer of om 'n dissipline van God te kry. Al daardie dinge sal sekere aspekte wees wat ons sal teëkom, maar daar is nog méér. Dit is 'n geestelike reis, dink hieraan as 'n geestelike pelgrimstog. 'n Pelgrimstog mag jou lei na 'n nuwe liggaamlike plek, maar allereers lei dit jou na 'n nuwe geestelike plek.

In Psalm 84 skryf die psalmdigter oor die mense wat hulle harte op 'n pelgrimstog na Jerusalem geplaas het. Luister hoe hy skryf oor diegene wat die reis aanpak. "Dit gaan goed met mense vir wie u huis 'n tuiste is: hulle hou nie op om U te prys nie. Dit gaan goed met mense wat hulle krag in U vind en graag na u tempel toe gaan" (verse 5-6). Die mense wat die reis meemaak is geseënd, hulle ervaar vreugde, hulle ontvang krag — in werklikheid gaan hulle van "krag tot krag."

Jy reis nie alleen nie, die God wat jou liefhet, méér as wat jy jou kan verbeel, roep jou na 'n nuwe plek, 'n nuwe tydperk, 'n nuwe ervaring van sy heerlikheid. Hierdie 21-dae reis gaan lewensveranderend wees, jy het die eerste stap geneem, ek kan nie wag om te sien wat God gaan doen nie.

Aangaande hierdie leesplan

21 Days Of Fasting And Prayer Devotional

Die James River Church 21 Dae van Vas en Gebed leesplan is ontwerp om jou te bemoedig en te versterk terwyl jy tyd toewy om 'n nouer pad met die Here te loop. Die leesplan bevat kort oordenkings en Skrifgedeeltes vir elke dag. Ons weet dat wanneer jy tyd deurbring om te vas en te bid, jy sal sien dat God meer doen as wat jy kan vra of jou kan voorstel!

More

Baie dankie aan James River Church vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir verdere inligting, besoek: https://jamesriver.org/