Leesplan inligting

Waarheid OorwinVoorbeeld

Waarheid Oorwin

DAG 33 VAN 41

Lees: Psalms 144:15; Psalms 68:4; Psalms 146:5; Psalms 4:7-8; Hebreërs 1:9

SOAP: Psalms 4:7-8 

Volgens 'n Pew Research studie beweer sowat 70% Amerikaners dat hulle Christene is. Hierdie data impliseer dat 30% van die land se bevolking glo dat hulle Jesus nie nodig het om geluk in hulle lewens te vind nie.

In Psalm 68:4 word verklaar dat die regverdige bly sal wees en sal juig oor God. Hy is die rede vir ons vreugde en ons verlossing. Hy gee vir ons ‘n doel en lewe. Diegene wat nie glo nie, probeer dikwels om hulle lewens met ander dinge te vul, maar hulle is op die lange duur ontevrede.

Noem ‘n voorbeeld waar jou verhouding met Christus jou vreugde gebring het?

Hemelse Vader, dankie dat U vir my 'n manier gegee het om 'n verhouding met U te hê deur u Seun, Jesus. Dankie dat U vir my lewe, hoop, vreugde en vrede gegee het in hierdie verhouding. Ek is geseënd omdat ek deur U geken is. Ek bid dat U my sal help om altyd dankbaar te bly vir alles wat U vir my deur Christus gedoen het.

In Jesus se naam,

Amen. 

Dag 32Dag 34

Aangaande hierdie leesplan

Waarheid Oorwin

Glo jy leuens, in plaas van God se Waarheid? Voel jy dat jy nie voldoende is nie? Weerhou jou mislukkings in die verlede jou daarvan om die lewe wat God vir jou vandag gegee het, te geniet? In hierdie studie gaan ons bai...

More

Ons wil graag vir Love God Greatly Afrikaans bedank vir hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus:
http://www.liefgodgrootliks.wordpress.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid