Leesplan inligting

Waarheid OorwinVoorbeeld

Waarheid Oorwin

DAG 36 VAN 41

Lees: Efesiërs 6:11-17

SOAP: Efesiërs 6:11

Ons moet veg vir die waarheid, maar hoe oorkom ons die leuens van hierdie wêreld? ‘n Kragtige manier is om onsself toe te rus met die wapenrusting van God. Efesiërs 6:11-17 beskryf die Christen se kleding as 'n oorlogspak. Om teen die leuens van die wêreld te staan, moet ons die eienskappe van God aanwend. Ons het hoop, want God is die een wat vir ons die wapenrusting gee wat ons nodig het. Alhoewel, dit is ons verantwoordelikheid om onsself daarmee te beklee, voor te berei en te veg wanneer die stryd woed.

Ons word beveel om die volle wapenrusting van God aan te trek. Om hierdie wêreld te oorkom, is elke stuk van noodsaaklike belang. Hierdie items sluit in: waarheid, geregtigheid, die Evangelie van vrede, geloof, verlossing en die Woord van God. God se Waarheid sal ons weerhou van struikeling. Geregtigheid - of om te leef soos Christus - beskerm ons teen die gevolge van versoeking. Die Evangelie gee ons 'n stewige fondament. Geloof beskerm ons teen alle dinge. Redding is noodsaaklik vir die stryd. Die Woord van God laat ons toe om enige leuen wat ons teëkom, te weerlê en te vernietig.

So, hoe trek ons hierdie wapenrusting van God aan? Om tyd in God se Woord te spandeer, gebed, gemeenskap met ander gelowiges, vertroue in Christus en om die Evangelie met ander deel, is alles dinge wat ons help om ons geloof te versterk. Deur hierdie praktyke kan ons versoeking weerstaan ​​en oorwinning oor leuens hê.

Watter deel van die wapenrusting moet jy vandag onthou om aan te trek?

Hemelse Vader, dankie dat U vir my wapens gegee het om sterk te staan ​​teen die bose magte van hierdie wêreld. Help my asseblief om die dissipline te hê om daagliks my wapenrusting aan te trek. Ek prys U vir hoe U my verstaan ​​en in my behoeftes voorsien. Dankie vir Jesus, in wie ek verlossing het.

In Jesus se naam,

Amen. 

Dag 35Dag 37

Aangaande hierdie leesplan

Waarheid Oorwin

Glo jy leuens, in plaas van God se Waarheid? Voel jy dat jy nie voldoende is nie? Weerhou jou mislukkings in die verlede jou daarvan om die lewe wat God vir jou vandag gegee het, te geniet? In hierdie studie gaan ons bai...

More

Ons wil graag vir Love God Greatly Afrikaans bedank vir hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus:
http://www.liefgodgrootliks.wordpress.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid