Leesplan inligting

Waarheid OorwinVoorbeeld

Waarheid Oorwin

DAG 32 VAN 41

Lees: Jakobus 1:2-4; Jakobus 1:12; Romeine 5:3-5; 1 Petrus 4:12-13

SOAP: Jakobus 1:2-4

Wanneer laas was jy verheug in jou lyding? Die meeste van ons sing nie lofgesange wanneer 'n spyker in ons motor se band in steek oppad werk toe of wanneer ons afgedank word nie. Inteendeel, ons raak gefrustreerd oor ons situasie. Tog kan ons vreugde in beproewinge ervaar. Die Nuwe Testament leer dat uitdagende tye ons, as gelowiges, toelaat om in ons geloof te groei.

Volgens die Skrif stel uitdagings ons in staat om ons volharding te ontwikkel - wat ons dan in staat stel om volwasse te word in ons geloof. Stel jou voor wat sal gebeur as 'n soldaat nooit onder ongunstige toestande opgelei is nie. Hoe sal hy in ‘n geveg oorleef? Op dieselfde manier word ons sterker in ons geloof met elke beproewing.

Ons het ook hoop in ons beproewinge en kan vol vertroue wees in ons hoop, omdat God se liefde getrou is. Ons Hemelse Vader gee aan ons die Heilige Gees as 'n geskenk, sodat ons sy onfeilbare liefde vir ons kan verstaan en ken, selfs in ons moeilikhede.

Hoe kan jy gedurende moeilike omstandighede 'n positiewe uitkyk hê? Die taak is nie maklik nie, maar jy sal nie alleen stap nie.

Hemelse Vader, dankie dat U my toelaat om te weet dat ek selfs in my mees uitdagendste tye vreugde kan hê. Ek weet dat dit nie maklik is om positief te bly nie. Help my om te onthou dat U my u Gees gegee het om u groot liefde aan my te wys. Help my om sterk te bly en te groei in my geloof.

In Jesus se naam,

Amen.

Dag 31Dag 33

Aangaande hierdie leesplan

Waarheid Oorwin

Glo jy leuens, in plaas van God se Waarheid? Voel jy dat jy nie voldoende is nie? Weerhou jou mislukkings in die verlede jou daarvan om die lewe wat God vir jou vandag gegee het, te geniet? In hierdie studie gaan ons bai...

More

Ons wil graag vir Love God Greatly Afrikaans bedank vir hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus:
http://www.liefgodgrootliks.wordpress.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid