Leesplan inligting

Waarheid OorwinVoorbeeld

Waarheid Oorwin

DAG 15 VAN 41

Lees: Eksodus 3:1-14; Eksodus 4:1-11; 1 Petrus 2:9; Filippense 4:13; Efesiërs 2:10

SOAP: Eksodus 4:11 

'n Leuen wat ons dikwels oor onsself glo, is dat ons nie genoeg is nie. Jy is nie __________ genoeg nie. Heel moontlik het 'n klein leuentjie onmiddellik in jou gedagtes ingekruip. Onvoldoende, onbevoegd, ontoereikend. Selfs van die grootste leiers in die Bybel het hierdie leuen oor hulleself geglo. Toe God Moses geroep het om die Hebreeuse volk uit Egipte te lei, het die uitverkore leier baie redes gegee waarom hy nie die werk kon uitvoer nie. Selfs in Moses se ongeloof het God hom verseker van sy teenwoordigheid, van sy voorsiening en van sy voorbereiding. Watookal God se roeping op jou lewe is, jy is genoeg ... as gevolg van Hom. So wanneer jy weer voel dat jy nie genoeg is nie, leun 'n bietjie nader na Jesus. Onthou, jy is uitverkies, nie as gevolg van wat jy gedoen het nie, maar as gevolg van God se genadige liefde en plan vir jou lewe. God sal jou toerus met wat jy nodig het om die doel wat Hy vir jou lewe het, te bereik.

So volgende keer wanneer jy twyfel of jy genoeg is, onthou dat Christus jou die krag gee om enigiets te doen. God het die loop van jou lewe beplan om merkwaardige dinge vir Hom te doen en Hy sal jou toerus met dit wat jy nodig het.

In watter area van jou lewe sukkel jy met gevoelens dat jy nie genoeg is nie? Neem 'n oomblik om dit aan God oor te gee ... kom nader aan Hom en laat Hy alles wees wat jy nodig het. 

Hemelse Vader, dit is so maklik om te voel dat ons nie genoeg is in hierdie wêreld of vir U nie. Ek fokus dikwels op my foute eerder as die gawes wat U my gegee het. Help my om U te prys vir hoe U my uniek gemaak het na u beeld. Dankie vir u teenwoordigheid, voorsiening en voorbereiding vir alles waartoe U my geroep het. Ek is lief vir U Here.

In Jesus se naam,

Amen.

Dag 14Dag 16

Aangaande hierdie leesplan

Waarheid Oorwin

Glo jy leuens, in plaas van God se Waarheid? Voel jy dat jy nie voldoende is nie? Weerhou jou mislukkings in die verlede jou daarvan om die lewe wat God vir jou vandag gegee het, te geniet? In hierdie studie gaan ons bai...

More

Ons wil graag vir Love God Greatly Afrikaans bedank vir hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus:
http://www.liefgodgrootliks.wordpress.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid