Leesplan inligting

Waarheid OorwinVoorbeeld

Waarheid Oorwin

DAG 18 VAN 41

Lees: 1 Korintiërs 1:26-31; Spreuke 3:5-6; Jesaja 40:28-31; Jeremia 17:5-8

SOAP: Spreuke 3:5-6

Ons leef in 'n wêreld waar individualisme na waarde geskat word. Om hulp te vra lyk soos ‘n teken van swakheid. Hoewel, volgens die Skrif hoef ons nie op ons eie krag staat te maak nie.

1 Korintiërs 1:26-31 vertel hoe God verkies het om die swakkeres, dwase en armes van die wêreld te gebruik om aan die wêreld te wys hoe onbeduidend menslike prestasie is in vergelyking met God se verlossing. God bereik groot dinge deur gewone mense. Hy gee die vermoeide krag. Aangesien dit God is wat ons na nuwe hoogtes lei, het ons geen reg om te spog nie. Diegene wat hulle prestasies aan hulle eie toedoen toeskryf, verwaarloos God se rol in hulle lewe, maar wanneer ons die eer vir die Here gee, sal Hy ons neem na plekke wat ons nooit gedink het moontlik is nie.

Op watter maniere het jy probeer om op jou eie krag staat te maak in plaas daarvan om God toe te laat om jou te help? Die Here wil jou help. Sal jy hom toelaat?

Hemelse Vader, daar is tye in my lewe wanneer ek U probeer wegstoot. U plaas ander in my lewe om my aan te moedig, maar ek reageer dikwels nie daarop nie. Help my asseblief om oop teenoor U en diegene rondom my te wees. Help my om op U te vertrou. Ek erken dat ek nie hierdie lewe deur my eie krag kan lewe nie.

In Jesus se naam,

Amen. 

Dag 17Dag 19

Aangaande hierdie leesplan

Waarheid Oorwin

Glo jy leuens, in plaas van God se Waarheid? Voel jy dat jy nie voldoende is nie? Weerhou jou mislukkings in die verlede jou daarvan om die lewe wat God vir jou vandag gegee het, te geniet? In hierdie studie gaan ons bai...

More

Ons wil graag vir Love God Greatly Afrikaans bedank vir hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus:
http://www.liefgodgrootliks.wordpress.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid