Leesplan inligting

Waarheid OorwinVoorbeeld

Waarheid Oorwin

DAG 17 VAN 41

Lees: Romeine 8:37-39; Romeine 5:8

SOAP: Romeine 5:8

Een van die mees isolerende leuens wat ons van onsself kan glo, is dat ons nie geliefd is nie. Sommige studies skat dat 1 uit elke 5 mense onbemind voel op 'n gegewe tydstip.

Die Almagtige God, Skepper van die Heelal, het JOU lief. Hy het jou so baie lief dat selfs toe jy teen God was, het Hy sy Seun gegee om vir jou te ly en te sterf. God het sy Seun, Jesus, opgeoffer, sodat Hy 'n persoonlike verhouding met jou kon hê. Jesus se offer was nie afhanklik van jou gedrag of persoonlikheid nie. Dit was uitsluitlik gebaseer op die karakter van God.

Watter troos kan jy neem in die waarheid van God se liefde vir jou?

Hemelse Vader, dankie vir u onfeilbare liefde. Help my om u liefde te oordink as ek besin oor hoe U u Seun vir my gegee het. Wanneer ek ongeliefd voel, bid ek dat U my sal herinner aan u groot liefde vir my. Dankie vir u Seun, wat die bewys van u liefde is.

In Jesus se naam,

Amen.

 

Dag 16Dag 18

Aangaande hierdie leesplan

Waarheid Oorwin

Glo jy leuens, in plaas van God se Waarheid? Voel jy dat jy nie voldoende is nie? Weerhou jou mislukkings in die verlede jou daarvan om die lewe wat God vir jou vandag gegee het, te geniet? In hierdie studie gaan ons bai...

More

Ons wil graag vir Love God Greatly Afrikaans bedank vir hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus:
http://www.liefgodgrootliks.wordpress.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid