Leesplan inligting

Waarheid OorwinVoorbeeld

Waarheid Oorwin

DAG 12 VAN 41

Lees: Jesaja 43:25; 1 Johannes 1:9

SOAP: Jesaja 43:25; 1 Johannes 1:9

Baie Christene debatteer oor of daar 'n "onvergeeflike sonde" is. Selfs al glo ons dat God ons sondes sal vergewe, sal die vyand soms poog om ons te laat glo dat ons so 'n gruwelike sonde gepleeg het dat God dit nie sal vergeet nie. Skuld en skaamte vul ons siele. In plaas daarvan om in vryheid te leef, hou ons aan om in die duisternis te wandel. Hoekom streef na godsaligheid as vergifnis nie 'n opsie is nie?

God weerhou nie vergifnis van sy kinders nie. Hy is 'n liefdevolle Vader wat 'n verhouding met jou begeer. Jesaja 43:25 sê dat Hy ons oortredinge uitwis en nie meer aan ons sondes dink nie om sy ontwil. Ons verhouding met Hom bring Hom genot.

As sy kinders is ons verantwoordelikheid om ons sondes teenoor ons Hemelse Vader te bely. Wanneer ons dit doen, is Hy getrou om ons te vergewe en te reinig. Ons hoef nie bekommerd te wees dat God ons aan ons vorige sondes sal herinner nie. Wanneer Hy vergewe, vergewe Hy volkome.

Hemelse Vader, dankie vir die volheid van u vergifnis. Selfs as ek nie aan u standaard voldoen nie en my hart vir U verhard, weet ek dat U gereed is om my met ope arms te aanvaar. U genade verbaas my. Help my om in dankbaarheid teenoor U te leef.

In Jesus se naam,

Amen. 

Dag 11Dag 13

Aangaande hierdie leesplan

Waarheid Oorwin

Glo jy leuens, in plaas van God se Waarheid? Voel jy dat jy nie voldoende is nie? Weerhou jou mislukkings in die verlede jou daarvan om die lewe wat God vir jou vandag gegee het, te geniet? In hierdie studie gaan ons bai...

More

Ons wil graag vir Love God Greatly Afrikaans bedank vir hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus:
http://www.liefgodgrootliks.wordpress.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid