Leesplan inligting

Waarheid OorwinVoorbeeld

Waarheid Oorwin

DAG 10 VAN 41

Lees: Jesaja 54:4-5; Romeine 8:1

SOAP: Romeine 8:1

Ons kan almal skuldig bevind word aan 'n menigte sondes en sonder hoop wees, maar as gevolg van Jesus se liefde en opoffering aan die Kruis kan ons vergifnis en 'n nuwe lewe deur Hom ontvang. Wanneer Satan ons herinner aan ons sondes en vorige lewenswyse, moet ons onthou dat ons 'n nuwe mens is. Die ou dinge is verby, die nuwe het gekom ... ons is nie dieselfde persoon wat ons eens was nie.

Ja, ons moet ons van ons sondes bekeer, maar ons moet ook onthou dat God in sy liefde en barmhartigheid ons van ons sondes vergewe en verkies om dit nie teen ons te hou nie. Satan sal sy bes probeer om ons in slawerny te hou weens ons vorige foute en sondes, maar dis wanneer ons moet fokus op God se waarheid eerder as Satan se leuens. Wanneer jy 'n kind van God word, word jy vrygeskeld van jou verlede en kry jy hoop op ‘n ewige toekoms. Die kettings van slawerny wat jou eens gevange gehou het, kan nou deur die krag van Christus in jou gebreek word.

Hemelse Vader, dankie vir die belofte dat U nie ons sondes teen ons hou nie. Dankie vir die gawe van vergifnis wat slegs in U gevind kan word. Help my om u wonderlike geskenk te onthou op die dae wanneer Satan my aan my verlede wil herinner. Gee my die krag om myself te vergewe en om te kies om te leef in die vryheid wat U vir my gekoop het. Help my ook om vergifnis aan ander te skenk soos U my vergifnis geskenk het.

In Jesus se naam,

Amen.

Dag 9Dag 11

Aangaande hierdie leesplan

Waarheid Oorwin

Glo jy leuens, in plaas van God se Waarheid? Voel jy dat jy nie voldoende is nie? Weerhou jou mislukkings in die verlede jou daarvan om die lewe wat God vir jou vandag gegee het, te geniet? In hierdie studie gaan ons bai...

More

Ons wil graag vir Love God Greatly Afrikaans bedank vir hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus:
http://www.liefgodgrootliks.wordpress.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid